Die rugbyspanne van die weste en die suide van Johannesburg het vroeër vandeesmaand in Virsekerbeker-wedstryde teen Pretorianers te staan gekom.
Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Dr. E.G. Jansen van Boksburg het veral ’n uitstekende wedstryd teen die Krugersdorpse Hoërskool Noordheuwel gespeel. Die Jansies het die Nories in die Beker-afdeling met 62-38 geklop.
Die Jansies se o.16A-span het met 33-20 ver-loor en die o.16B-span het die Nories met 18-14 geklop.