.

Beter geleenthede in stem opgesluit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Toe hy destyds bel om te sê hy emigreer, kies hy sy woorde versigtig.

“Verstaan mooi, ek het geen kwessie met die politiek in die land nie, ook nie met die uitdagings nie. Dis net die misdaad.”

’n Lang gesprek. Hy verstaan die risiko. Sy besighede hier is suksesvol. Hy gaan onder begin. Hy en sy vrou. Ter wille van hul seun.

Maande snel verby. Hulle leer die tale en kwale van paspoorte en visums.

Die emigrasie-paadjie is ’n dowwe voetspoor vooruit. Hy het planne.

Op ’n dag bel hy van die lughawe af. Ons gesels op Whats­App en deel ons vliegvrese. Hulle land veilig.

Eerste saak van voorkeur is ’n goeie skool vir hul kind.

Hulle vind ’n juweel van ’n skool in die suide van Engeland.

Nou skoolgeld. Daar is ’n neseier, maar die pond is sterk. Anders as ander soek hy nie werk nie. Hy soek geleenthede. Wil werk skep.

Sy dringendheid beïndruk my keer op keer. Hy wag nie. Die eerste gedagte is ’n webwerf vir emigrante – gegrond op sy ervaring. Maar hy pak nie al sy eiers in een mandjie nie.

Wanneer ons weer gesels, het hy ’n grafiese ontwerper aangestel. Nog webwerwe in die pyplyn.

Hy neem foto’s. Doen moeite om dit buitengewoon te maak. Nog ’n geleentheid of twee drup in. Hy en sy vrou ken die balanseertoertjie van spaargeld en leefgeld.

Hulle het immers tevore suksesvolle besighede uit niks opgebou.

’n Kersfeesnagmerrie. Vir die eerste keer is sy gesin nie bymekaar nie. Sy vrou hanteer die laaste besigheidsdinge in Suid-Afrika.

Hy gesels met ondernemings oorsee. Sy vrou begin ’n geskenkwinkel in die vakansiedorpie naby hulle.

Hulle is op alle fronte besig, maar soek die deurbraak. Hy ry fiets deur die woud. Dink. Wonder. Doen. Neem sy seun saam op fietsritte. En dink.

Eureka!

Die deurbraakgedagte: Fietstoere deur die woud. Hy doen somme. Skep roetekaarte. Begin fietse aankoop. Nog planne. Voorsiening vir die Britse winter. Beplanning vir die onverwagse.

Dan slaan Covid-19 toe.

Hoe nou? Vreemde land, vreemde siekte.

Hulle maak planne. Hulle kry besigheidshulp van die Britse regering, maar wil nie afhanklik wees nie.

Wanneer buiteluggeleent­hede weer mag plaasvind, is hy as toergids gekwalifiseer – kompleet met ’n noodhulpsertifikaat. Hy neem Britse burgers op fietstoere deur die woud. Vertel hulle van hul eie geskiedenis.

Sy besigheid is gevestig.

Hy draai sy sente, koop nog fietse en maak nog planne. Ek mis hom.

Ons land mis mense soos hy. Hulle wat nie werk soek nie, maar werk skep.

Terwyl ek skryf, flikker my foon. ’n Twiet deur ’n joernalis. Die verslag oor die Digital Vibes-skandaal is bekend. Nog ’n politikus wat ons deur die pandemie moes help, het ons beroof.

Nog geld is gesteel. Nog werkgeleenthede verlore. Dis misdadig.

En dis hoekom my vriend die land verlaat het. Die land wat mense soos hy so nodig het.

Moenie nalaat om in November jou stem te laat geld nie.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,800.38
+0.4%
Silwer
24.40
+0.3%
Palladium
2,063.50
+1.9%
Platinum
1,042.26
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos