.

Booswig, dink weer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lede van National Crime Assist (NCA) in Bloemfontein is van links Florein de Winnaar (NNWA), Marius Dobson (Afri­Forum – sektor 3), André Vermeulen, Aubyn Labuschagne, Herman Lombaard (almal van die NCA se BloemBuurtSekerheidsgroep) en Zane Koeberg (NNWA).Foto: Lientjie Mentz
Lede van National Crime Assist (NCA) in Bloemfontein is van links Florein de Winnaar (NNWA), Marius Dobson (Afri­Forum – sektor 3), André Vermeulen, Aubyn Labuschagne, Herman Lombaard (almal van die NCA se BloemBuurtSekerheidsgroep) en Zane Koeberg (NNWA).Foto: Lientjie Mentz

Misdadigers sal moet lig loop, want daar is nou ’n aksiegroep wat wyd werk om misdaad in die land hok te slaan.

Herman Lombaard, woordvoerder vir National Crime Assist (NCA) se strategiese bestuursgroep in die Vrystaat, sê dit is ’n nasionale organisasie wat aanvanklik gestig is om landelike veiligheid te bevorder.

Sedert Junie is die NCA se BloemBuurtSekerheidsgroep ten volle bedrywig.

“Die groep is een van 1 000 soortgelyke reaksiegroepe oor die land heen wat voortdurend met lede en ander organisasies in kontak is,” sê Lombaard.

“Ons vat hande met woonbuurtverenigings, die polisie, brandweer, veiligheidsondernemings, gemeenskapsorganisasies en ander groepe om misdaad te bekamp. Die NCA dien as oorkoepelende organisasie om vinnige optrede tussen woonbuurte in stedelike en landelike gebiede te bevorder.”

Hy sê die NCA het aanvanklik in landelike gebiede begin om vinnig met lede en die polisie te kommunikeer wanneer ’n misdaad plaasgevind het of misdaad vermoed is.

Lidmaatskap van die NCA is gratis. Vrywilligers kan hulle aan- meld om hulp te verleen.

“Ons is al meer as 170 lede in Bloemfontein, en daar is heelwat vrywilligers.”

Talle woonbuurtverenigings, soos die Noordelike Woonbuurt-vereniging (NNWA), Fichardtpark Woonbuurtvereniging (FWA), Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en AfriForum is volgens hom reeds aktief betrokke.

Florein de Winnaar van die NNWA sê hul inskakeling by die NCA het ’n verskil gemaak aan hoe hulle veiligheid in die noordelike voorstede bestuur.

“Ons kon beter bepaal waar meer misdade plaasvind en daarvolgens ons veiligheidspatrollies beter beplan.”

Lombaard sê net die afgelope tyd was daar al vele suksesverhale danksy die samewerking van die NCA met organisasies in die stad.

“Ons was betrokke by die opsporing van vyf vermiste kinders. Net Saterdag (20/11) is drie gesteelde voertuie in Bloemfontein teruggevind.”

Hy sê een voordeel is dat boodskappe oor misdaad wat gewoonlik in een groep gedeel word, nou wyer versprei kan word, en vinniger reaksietyd is moontlik.

“Boodskappe op ons WhatsApp-groep is militêr presies, sodat slegs die nodigste inligting daarop geplaas word. So kan ons reaksie van verskeie lede kry as ’n voertuig of ’n verdagte gesoek word.”

Voornemende lede vul ’n lidmaatskapvorm in en kry gratis toegang tot die Namola-toepassing op hul selfoon. Met dié toepassing kan iemand wat in die nood is met die druk van ’n knoppie hulp ontbied – sy ligging is onmiddellik aan die reaksiegroep bekend en die naaste vrywilliger kan gaan help.

Lombaard sê reaksielede word gekeur, deurloop opleiding en ontvang daarna ’n aanstellingsbrief wat deur die polisie gesertifiseer is.

Mense wat munisipale regulasies oortree, kan hulle ook lelik vasloop.

“ ’n Klag is reeds by die polisie ingedien teen iemand wat Maandag (22/11) onwettig vullis op die verkeerseiland in De Bruynstraat in Universitas gestort het.”

Marius Dobson van AfriForum se sektor 3 stem saam dat die NCA almal se hande sterker maak.

“ ’n Boodskap kan vinnig wyd versprei word en só samewerking tussen lede van die gemeenskap en die polisie verbeter.”

Kry inligting op nca247.org.za of bel Aubyn Labuschagne, een van die stigterslede, by 079-606-9843.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 101/4
India A 0
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10
West Indies 69/1
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.06
+0.8%
Rand - Pond
21.43
+0.6%
Rand - Euro
18.23
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,794.35
+0.5%
Silwer
22.81
-0.4%
Palladium
1,762.00
-2.1%
Platinum
952.00
-1.5%
Brent-ruolie
73.44
+1.0%
Top-40
63,543
-0.1%
Alle aandele
69,960
-0.1%
Hulpbronne 10
66,284
+1.1%
Industriële 25
92,986
-1.0%
Finansiële 15
13,434
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos