.

Geskenk van vroulikheid waardevol

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Ilse Jordaan Foto: Verskaf

Heelwat goeie opsies bestaan vir vroue wat ’n mastektomie ondergaan het.

’n Borsprostese wat tot 41% ligter is, sal dié pasiënte se lewe baie verbeter.

Ilse Jordaan, wat al 21 jaar lank as passer van borsprostese en buustelyfies in Bloemfontein en Kimberley werk, sê dié prostese van silikoon is ’n groot deurbraak en sal vir pasiënte baie gemakliker wees as die ouer, swaarder prostese.

“Die dra van ’n borsprostese ná die verlies aan ’n bors is uiters belangrik omdat rug- en nekprobleme weens ’n skielike wanbalans kan ontstaan,” verduidelik sy.

Jordaan skryf haar passie om borskanker­pasiënte te help toe aan die vernedering wat sy as jong meisie beleef het.

Sy was jare lank baie selfbewus oor haar oneweredige borste, en het eers later besef dat dit herstel kan word.

Haar eie ervaring het haar aangevuur om vroue te help om deur middel van borsprostese weer ’n mooi liggaamsvorm te kry en ander gesondheidsprobleme te voorkom.

Sy het haar opleiding in die pas van borsprostese in Duitsland ontvang.

“Ek help pasiënte wat een of albei borste verloor het om weer vroulik te voel.”

Sy help ook vroue wat ’n lumpektomie ondergaan het.

“Dikwels verklein die bors nadat ’n gedeelte van die bors of ’n gewas verwyder is. Dit kan ook herstel word met ’n gedeeltelike silikoon-skulpprostese wat onopvallend in die buustelyfie se keëlsakkie pas.”

Sy sê ’n borsprostese kan as alternatief vir rekonstruksie gebruik word, of as ’n tydelike oplossing terwyl ’n vrou vir die operasie wag.

Sy stap ’n pad saam met elke pasiënt wat haar besoek om ’n prostese te pas.

“Dit is meer as net die fisieke proses – dit is ook vir ’n vrou ’n soort terapie om oor haar lyf te gesels.”

Jordaan sê dit is vir haar belangrik om vroue in te lig oor die opsies wat hulle ná ’n mastektomie kan oorweeg.

“Talle vroue leef jare lank met onooglike operasiemerke en oneweredige borste. Ek wil hulle met inligting bemagtig.”

American Breast Care, die reeks prostese wat sy gebruik, word in Duitsland en Amerika vervaardig.

“Die prostese moet gedra word in ’n pasgemaakte buustelyfie omdat dit te swaar is vir die gewone bra’s wat in winkels beskikbaar is.”

Die buustelyfies moet jaarliks vervang word.

Sy verskaf ook stylvolle hoede aan kankerpasiënte wat chemoterapie ondergaan.

  • Belangstellendes kan Jordaan by ilsejordaan@shisas.com kontak. Borsprostese word deur die meeste siekefondse se onkologie-voordele gedek.
besig om te laai... Regstreeks
Oman 122/10
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 42/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.1%
Rand - Pond
19.99
-1.0%
Rand - Euro
16.85
-1.1%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.6%
Goud
1,781.12
-0.1%
Silwer
24.15
-0.6%
Palladium
1,995.50
-3.7%
Platinum
1,046.00
-0.4%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.4%
Alle aandele
66,189
-1.3%
Hulpbronne 10
61,545
-2.8%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos