.

Geskiedenis dra vrug

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met die onthulling van die lemoenbome is van links Wyno Simes (kurator van Naln), Mariana le Roux (wie se man, Hennie, oorspronklik die bome gekweek het), Marize Momberg (wie se man, Marius, gehelp het om die ou bome te verwyder) en Paul Colditz (voorsitter van die Vriende van Naln).Foto’s: Lientjie Mentz
Met die onthulling van die lemoenbome is van links Wyno Simes (kurator van Naln), Mariana le Roux (wie se man, Hennie, oorspronklik die bome gekweek het), Marize Momberg (wie se man, Marius, gehelp het om die ou bome te verwyder) en Paul Colditz (voorsitter van die Vriende van Naln).Foto’s: Lientjie Mentz

’n Stukkie van die Vrystaat se geskiedenis is Maandag (29/11) vir die nageslag bewaar op ’n klein plegtigheid om die aanplant van vier lemoen­bome te vier.

Die gebou wat vandag die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsing­sentrum (Naln) huisves, was aanvanklik die Derde Raadsaal of goewerments­gebou van die destydse Republiek van die Oranje Vrystaat.

Die vyf oorspronklike bome, wat volgens oorlewering in 1908 in die binnehof van dié gebou geplant is, het mettertyd gevrek. Die laaste twee van dié bome, wat ouer as 100 jaar was, is begin November verwyder.

Die bome is waarskynlik aanvanklik in die binnehof geplant omdat daar weens ’n misverstand lemoene op die bome op die Republiek van die Oranje Vrystaat se amptelike wapen verskyn het. Die boom op die wapen het die vryheid van die republiek gesimboliseer, maar was nie veronderstel om vrugte te dra nie.

Een van die teorieë is dat die Londense drukkery wat een van die eerste amptelike seëls van die republiek gedruk het, lemoene op die boom aangebring het. Die personeel van die drukpers het verkeerdelik gedink dat die “orange” in die naam “Orange Free State” na lemoene verwys, min wetende dat dit eintlik na die Nederlandse Prins Willem van Oranje verwys het.

Nadat die gebou in 1908 deur ’n brand verwoes is en oorgebou is, is vyf lemoen­bome in die binnehof geplant.

Danksy die beskutting van die binnehof het die bome jare lank hier gedy en baie lemoene gedra.

In 2002 het die bome egter die een na die ander tekens van siekte getoon en begin vrek.

Die vorige kurator, wyle Otto Liebenberg, het in 2008 die hulp van die Navorsings­instituut vir Sitrus en Subtropiese Vrugte ingeroep om die bome te probeer red.

Wyle dr. Hennie le Roux van Mbombela (Nelspruit) het wortelvrot, oftewel “Phytophthora collar rot”, by die oorblywende twee bome gediagnoseer en voorgestel dat genetika van die ou bome gebruik word om nuwe bome te kweek. Dr. Fanie van Vuuren van die instituut het die genetika op wortelstokke van Swingle citrumelo geënt. Dié wortelstokke is meer bestand teen siektes soos wortelvrot.

In Februarie 2014 is ses jong boompies na Naln gebring, waar twee geplant is en die res die afgelope sewe jaar in potte groei.

Volgens Wyno Simes, kurator van Naln, was dit ’n stryd om die twee oorblywende bome te verwyder. Nie net die bome nie, maar ook al die grond rondom die bome, moes verwyder word om die nuwe bome se voort­bestaan te verseker.

Marius Momberg en sy span het aan die begin van November dié reuse-taak verrig.

Twee boompies is nou weer op die plek van dié bome geplant, en twee bome in potte moet nog ’n staanplek op die terrein kry.

Paul Colditz, voorsitter van die Vriende van Naln, het Maandag op die geselligheid gesê ’n mens kan nie die geskiedenis wegvat nie, maar jy kan moeite doen om dit vir die nageslag te bewaar.

Mariana le Roux, wat haar eie sitrusboerdery het, het al die pad van Mbombela gekom om die lintknipplegtigheid te behartig.

Sy het ywerig raad gegee oor hoe om dié lemoenbome in die Vrystaat te laat gedy.

besig om te laai... Regstreeks
West Indies 212/10
Ireland 214/8
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 212/10
Ireland 214/8
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.38
+0.2%
Rand - Pond
21.03
+0.0%
Rand - Euro
17.56
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,817.69
0.0%
Silwer
22.96
0.0%
Palladium
1,883.50
0.0%
Platinum
974.00
0.0%
Brent-ruolie
86.06
+1.9%
Top-40
68,448
-1.1%
Alle aandele
75,160
-1.0%
Hulpbronne 10
74,434
-1.5%
Industriële 25
94,294
-1.0%
Finansiële 15
15,565
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos