.

Mense uitgedaag om hulle fiks te spring

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Simoné Pretorius (van die Suid-Afrikaanse Fisioterapievereniging) en JC Nagel (inwoner) oefen by die Carpe Diem-jeugsorgsentrum in Universitas. JC is die huismoeder, Elsabé, se seun.Foto: Lientjie Mentz
Simoné Pretorius (van die Suid-Afrikaanse Fisioterapievereniging) en JC Nagel (inwoner) oefen by die Carpe Diem-jeugsorgsentrum in Universitas. JC is die huismoeder, Elsabé, se seun.Foto: Lientjie Mentz

Die Vrystaat-tak van die Suid-Afrikaanse Fisioterapievereniging het van 6 tot 10 September die pad gevat om mense aan te moedig om meer aktief te wees.

Volgens Simoné Pretorius het hulle deur die Vrystaat gereis om bewustheid oor die voordele van touspring te skep.

Sy beskryf dit as ’n goedkoop, maklike manier om te oefen, en sê dit help mense ook om vinniger ná Covid-19 te herstel.

In Trompsburg het Pretorius by die Maggie van Zyl-fisioterapiepraktyk, waar ’n touspringklub bekend gestel is, gaan inloer. Sy het ook die Albert Nzulu-distrikshospitaal in dié dorp besoek.

Later het sy aangeklop by twee van Engo se kinder- en jeugsorgsentrums, waar sy vir die kinders gewys het hoe om met ’n springtou te oefen.

“Dit was sommer groot pret. Asems het gejaag, maar die klank van gelag het telkens opgeklink,” sê sy.

Op 8 September het sy die Mediclinic Welkom as deel van Wêreld-oefendag besoek.

Die volgende dag het sy by die liefdadigheidsorganisasie Kroonstad Disabled Angels and Women Empowerment besoek afgelê, en ook by die Johan Slabbert-skool.

Die laaste deel van die reis het Pretorius na Ficksburg geneem, waar sy tydens middagete ’n demonstrasie by ’n motorhawe aangebied het.

Sy sê die week was ’n groot sukses.

“Hoewel ons net enkele dorpe in die Vrystaat kon bereik, hoop ons die veldtog versprei vinnig verder.”

Hoewel ons net enkele dorpe in die Vrystaat kon bereik, hoop ons die veldtog versprei vinnig verder. - Simoné Pretorius

besig om te laai... Regstreeks
Oman 122/10
Scotland 11/0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 42/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.2%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.2%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.8%
Goud
1,780.25
-0.1%
Silwer
24.12
-0.8%
Palladium
1,999.53
-3.5%
Platinum
1,046.50
-0.6%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.4%
Alle aandele
66,189
-1.3%
Hulpbronne 10
61,545
-2.8%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos