.

Moeilikheid met onderwys-aanstellings verwag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Terwyl jeugdiges kon aansoek doen vir een van ’n magdom tydelike poste as deel van fase 2 van die departement van basiese onderwys se indiensnemings­program, heers groot kommer omdat min van die probleme wat met fase 1 van die regering se sogenaamde Basiese-onderwys-indiensnemingsprogram (BEEI) opgeduik het, aangespreek is.

Derduisende werklose jongmense het vir fase 2 van die program aansoek gedoen. Dit is deel van pres. Cyril Ramaphosa se presiden­siële indiensneming-stimulus­program.

“Sowat 300 000 tydelike onderwys­assistente is einde verlede jaar as deel van fase 1 aangestel. Die hele program was ondeurdag en het groot druk op skole geplaas,” sê dr. Jaco Deacon, waar­nemende uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).

“Daar was probleme met betalings en kontrakte, en ’n gedeelte van die program was geskeduleer vir gedurende Desember en Januarie tydens die skoolvakansie.”

Deacon sê hoewel belang­hebbendes genader is om voor die deurvoering van fase 2 kommentaar te lewer, is geen van die kwessies behoorlik aangespreek nie.

“In talle provinsies is skool­hoofde gedwing om ongemagtigde en onwettige betalings aan die jeugdiges te maak omdat die provinsiale onderwysdepartemente nie hul kant gebring het nie.

“Boonop is van skole verwag om die tydelike werkers op te lei en besig te hou, en skole is ook gedwing om meer jeugdiges te akkommodeer as wat ingevolge Covid-19-protokol toegelaat word.”

Deacon sê fase 1 was chaoties en het van swak beplanning en bestuur getuig.

“Dit het die beeld van onderwys net verdere skade berokken.”

Hy sê Fedsas ondersteun die projek as ’n maatskaplike program in skoolgemeenskappe, eerder as ’n onderwysprojek.

“Ons het baie empatie met werklose jeugdiges, veral omdat talle van hulle redelik onlangs nog deel van die skoolstelsel was.

“Hulle sal egter baat by ’n meer gestruktureerde program waarin hulle werklike werkservaring kan opdoen, eerder as by dit wat nou na net nog ’n maatskaplike toelaag lyk.”

In ’n brief aan die departement maak Fedsas ’n voorstel vir fase 2 en spel ook die rol van skool­beheerliggame in die program uit.

“Die huidige toepassings­raamwerk bevat verskeie wetlike teenstrydig­hede en foute, wat talle probleme in terme van arbeids­wetgewing kan meebring.”

Hy sê Fedsas bied ook aan om ondersteuning te bied met die opleiding van skoolbeheerliggame en ander betrokkenes.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.40
+0.5%
Silwer
24.41
+0.3%
Palladium
2,063.50
+2.0%
Platinum
1,043.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos