.

Mooie Roosknoppies se inskrywings ingewag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Die Loch Logan-waterfront en Bloemnuus se Mej. Roosknoppie-kompetisie, wat vanjaar deur die Olive Ridge-skool geborg word, sluit Donderdag (21/10) om 12:00.

Meisies wat teen 6 November drie of vier jaar oud is, kan vir die kompetisie ingeskryf word. Geen ander ouderdomme kwalifiseer nie.

Sodra die inskrywings gesluit het, sal al die foto’s op Bloemnuus se Facebook-blad geplaas word. Lesers sal dan vir hul gunsteling kan stem. Die tien finaliste sal later die maand in Bloemnuus verskyn.

Mej. Roosknoppie en haar twee prinsesse sal op 6 November in die Loch Logan-waterfront gekroon word.

Al die meisies wat ingeskryf word, sal met ’n medalje beloon word. Die finaliste sal ook pryse ontvang.

Die reëls vir die kompetisie is op Bloemnuus en die Loch Logan-waterfront se Facebook-blad beskikbaar.

Ouers kan hul dogtertjie inskryf deur ’n e-pos, met “Roosknoppie 2021” in die boodskapveld, na reception@lochlogan.co.za te stuur.

Die e-pos moet die volgende inligting bevat:
* Een duidelike kop-en-skouerfoto (groter as 200 KB), in jpeg-formaat, van die Roosknoppie. Geen ander formaat is aanvaarbaar nie.
* Roosknoppie se noemnaam en van.
* Roosknoppie se ouderdom en geboorte­datum (dag / maand / jaar).
* Roosknoppie se woonplek (slegs woonbuurt of dorp).
* Ma se naam, van en selfoonnommer.
* Pa se naam, van en selfoonnommer.
Waar van toepassing, kan die naam van een of albei ouers met dié van ’n primêre voog vervang word.
Deur hul dogtertjie in te skryf gee ouers of voogde toestemming dat die meisie se foto op Bloemnuus en die Loch Logan-waterfront se Facebook-blad, asook die Loch Logan-waterfront se Instagram-profiel, gedeel mag word.
In dié manier word toestemming ook gegee dat die finaliste se foto in Bloemnuus verskyn.
Ouers of voogde moet in die e-pos aandui dat hulle van dié reël kennis neem.

Rig navrae by 051-448-3607.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,799.33
+0.3%
Silwer
24.39
+0.2%
Palladium
2,053.00
+1.3%
Platinum
1,042.00
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.1%
Alle aandele
67,172
-0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos