.

Plan vir water bly sloer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Terwyl die stad se waterbehoeftes bly toeneem, is vyf jaar gemors om ’n volhoubare plan vir water­voorsiening te maak en in te stel. Boonop lyk dit asof die duur plan met die Gariep-pypleiding nou weer ondersoek word.

DA-raadslid Rossouw Botes sê daar was aanvanklik agt moontlikhede vir watervoorsiening aan die Mangaung-metro, en daar moes bepaal word watter een die beste sou wees. Daarvan is net een opsie – die duur Gariep-pypleiding wat water uit die Gariepdam na die metro sou voer – ondersoek.

“Daar is reeds R50 miljoen aan die uitvoerbaarheid- en werk­baarheidstudie van dié stelsel bestee, maar die voormalige minister van waterwese, Lindiwe Sisulu, het die projek in Mei vanjaar geskrap,” sê Botes.

Intussen is daar aanduidings dat die projek beslis voortgaan.

Die DA het Vrydag (08/10) ’n nuuskonferensie op Naval Hill gehou en gesê watersekerheid in Mangaung is net ’n droom.

“Dit terwyl daar die afgelope vier jaar waterverliese van R838 miljoen in die metro was.”

Botes sê teen 4 Oktober het hy reeds 203 waterlekkasies vir die jaar by die metro aangemeld. Sommige lekkasies van vars water, soos die een in Collinsstraat in Arboretum, asook die een voor die Laerskool Sentraal in Raymond Mhlabastraat, bestaan al maande.

Sello More, waarnemende munisipale bestuurder, sê die Gariep-projek is weer aan die gang ná ’n gesprek met Senzo Mchunu, minister van waterwese, ’n maand gelede in Matjhabeng. Mchunu het glo gesê die Mangaung-metro moet eers sy 43%-waterverliese regmaak voordat die bou van die Gariep-pypleiding weer oorweeg sou word. Botes sê die DA is van meet af teen dié projek gekant.

“Dit sal R8 miljard kos om die pypleiding oor die 174 km vanaf die dam na Bloemfontein te bou. Boonop sal 22 000 kWh benodig word om die water, wat teen ’n stewige helling op moet loop, met die hulp van drie tot vier pomp­stasies na die stad te pomp.

“Nersa se duur kragtariewe sal water wat op dié manier na die stad gevoer word, onbekostigbaar maak vir inwoners.”

Hy sê die stelsel sal ook net vir 20 jaar volhoubaar wees.

Botes sê die DA het twee alternatiewe voorstelle. Die eerste hiervan behels dat ’n waterpypleiding van die Caledon­rivier by Wilgedraai tot by die Rustfonteindam gebou word omdat dit net 60% van die prys van die Gariep-projek sou kos. Dit sou 50 jaar lank volhoubaar bykomende water aan die Mangaung-metro-gebied kan lewer. Water kan ook van hier aan die Rustfonteindam in die Modderrivier naby Thaba Nchu gelewer word.

’n Alternatief is om die Tien­fontein-pompstasie uit te brei. Dit sou net 15% van die koste van die Gariep-pypleiding behels en ’n lewensverwagting van 30 jaar hê. Só kan water van die Tienfontein-pompstasie aan die Knellpoortdam gelewer word en dan kan water deur die Modderrivier aan Mockesdam en Maselspoort gelewer word.

“Waarom moet ons water uit die Gariepdam pomp terwyl ons dit uit die Caledonrivier kan pomp? Die Caledon loop verby Wilgedraai tot in die Gariepdam. Nou moet dit weer al die pad teruggepomp word?”

Botes waarsku dat die stad voorsiening sal moet maak vir by- komende waterbehoeftes.

“Sedert 2009 word daar geen reserwes opgebou nie.”

Hy meen daar is ’n tekort aan kundigheid, verantwoordelikheid en goeie kommunikasie in die metro as dit by watervoorsiening kom.

“In die noorde van die stad is daar nou in plaas van drie, net een pomp wat by die Hamilton-pompstasie water voorsien. As die pomp breek, sal die noorde van die stad sonder water sit.”

Hy sê politiek meng te veel in en dienslewering word nie vooropgestel nie.

“Daar moet gekyk word na die goedkoopste opsie om water aan inwoners te verskaf.”

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,798.76
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,054.00
+1.6%
Platinum
1,041.00
-0.2%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.0%
Alle aandele
67,172
0.0%
Hulpbronne 10
63,244
-0.0%
Industriële 25
86,436
-0.3%
Finansiële 15
13,915
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos