.

Samewerking rig baie uit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Christo Groenewald (AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein) in een van die reaksievoertuie by die Divine Elite-skool.Foto: Verskaf

Danksy goeie kommunikasie kon AfriForum onlangs ’n vermiste lid van die gemeenskap in die suide van Bloemfontein vinnig opspoor.

Op 23 September omstreeks 17:45 is ’n noodboodskap dat iemand vermis word op die Wilgehof-tak van AfriForum se WhatsApp-groep vir sektor 3 geplaas. Die buurtwagleier in dié sektor het die boodskap aan verskeie AfriForum-buurtwagleiers in die suide van Bloemfontein oorgedra, en kort daarna het die patrolleerders ’n soektog begin.

’n Sekuriteitsmaatskappy het die buurtwagte in sektor 3, sektor 4 en sektor 5 met die soektog gehelp. ’n Hommeltuigvlieënier is ook gevra om te help indien nodig. Nadat toepaslike inligting ingesamel en bevestig is, is die vermiste lid van die gemeenskap opgespoor en met familie herenig.

“Die sukses kan toegeskryf word aan die goeie verhoudings wat die buurtwagte met ander veiligheidstrukture in die omgewing het,” meen Joseph Renaud, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die sentrale streek.

“Die opstel van ’n gesamentlike operasionele sentrum (Gos) en die inspan van die regte tegnologie het verseker dat die vermiste lid van die gemeenskap veilig opgespoor kon word.

“Ons wil graag elke betrokkene bedank wat ’n aktiewe bydra lewer om die gemeenskap se veiligheid te bevorder.”

Die takke van AfriForum in die stad sit deurlopend hul projekte voort met die instandhouding van die Rayton-Heuwelsig-parkie in Lucas Steynstraat, die Pres. Brand-begraafplaas en die Brits-monument binne die Ou Presidensie.

Op Erfenisdag het die gr. 9-leerlinge van die Hoërskool Jim Fouché ook met behulp van die Wilgehof-tak, AfriForum Jeug en DDP Civils die treinspoor in Aalwynlaan skoongemaak.

Die mediese reaksievoertuig van AfriForum 911 het die Divine Elite-skool vir ’n beroepsdag besoek. Daar is onder meer met die kinders gesels oor die werk wat paramedici daagliks doen. Die besoek is in samewerking met die Life Rosepark-hospitaal se noodpersoneel gedoen.

“Dit is wonderlik om die netwerk van AfriForum-takke in Bloemfontein in aksie te sien. Ons gaan aanhou fokus daarop om Bloemfontein netjies en veilig te hou sodat almal ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms kan hê,” sê Christo Groenewald, distrikskoördineerder in Bloemfontein.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.5%
Rand - Pond
20.41
+0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,799.62
+0.4%
Silwer
24.39
+0.3%
Palladium
2,044.39
+1.6%
Platinum
1,042.49
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.1%
Alle aandele
67,172
-0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos