.

Skrywers, kunstenaars het digitale toekoms in isolasie

akkreditasie

Tegnologie is net ’n ander medium waarin ons kan skep. Dit is die boodskap van dr. Ricardo Peach, direkteur van die Vrystaat Kunstefees (VK), oor ’n reeks aanlyn praatjies wat die fees vir die inperkingstyd begin het.

Daar was Woensdag (01/04) sowat 25 deelnemers aan die VK se eerste aanlyn praatjie. Dit is deur Corneli van den Berg en Thuthukani Ndlovu van die Vrystaat Literatuurfees aangebied.

Bloemfonteinse skrywer en dosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), dr. Francois Smith, was een van die gaste op die praatjie met die tema “Skrywers se behoeftes in die era van Covid-19”.

Hy sê vir hom as skrywer is een van die groot uitdagings die tekort aan kontak en die uitruil van idees met ander.

Ons as skrywers moet nou ons verbeelding inspan om onsself jouselfin ander se posisie te plaas. Ek dink nie ons besef hoe afhanklik ons van mekaar is nie.

“Ons as skrywers moet nou ons verbeelding inspan om onsself jouselfin ander se posisie te plaas. Ek dink nie ons besef hoe afhanklik ons van mekaar is nie.”

Annerle Barnard, Bloemfonteinse skrywer, sê sy weet baie mense het boeke huis toe geneem om tydens die inperkingstydperk te lees, maar dié boeke is nou klaar gelees en mense is genoop om hulle tot tegnologie te wend.

Willem van den Berg, ’n joernalis by Landbouweekblad, sê die Covid-19-pandemie gaan mense dwing om digitale platforms te gebruik.

“Almal van ons hou van papier, maar digitale platforms neem nou skielik ’n belangrike plek in.”

Hoewel die inperkingstydperk ’n dramatiese invloed op kunstenaars het, is dit nou tyd om kreatief te dink oor hoe om projekte op ander platforms te ontwikkel.

Corneli van den Berg sê die terugvoering tydens en ná die gesprek was dat skrywers die bul by die horings moet pak en besef die toekoms lê in nuwe tegnologie. “Daar moet gekyk word na watter platforms beskikbaar is en hoe skrywers die regte een moet kry vir sy of haar behoeftes. Daar moet ook gekyk word hoe kunstenaars suksesvol ’n teikenmark kan bereik.” Sy sê navorsing hieroor is baie belangrik.

Daar bestaan ook ’n groot behoefte aan werksessies op digitale platforms en dit is iets waaraan ons beslis op die volgende (Vrystaat) Literatuurfees wil aandag gee. Samewerking is belangrik – nie net tussen skrywers nie, maar ook tussen mense met verskillende vaardighede sodat nuwe geleenthede geskep kan word.

“Daar bestaan ook ’n groot behoefte aan werksessies op digitale platforms en dit is iets waaraan ons beslis op die volgende (Vrystaat) Literatuurfees wil aandag gee. Samewerking is belangrik – nie net tussen skrywers nie, maar ook tussen mense met verskillende vaardighede sodat nuwe geleenthede geskep kan word.”

Een van die baie geleenthede wat benut kan word, is “gaming” of virtuele speletjies, meen dr. Peach. “Dit bied baie geleenthede vir skrywers en mense wat bekwaam is in ander vaardighede.”

Nog een van die deelnemers, televisiepersoonlikheid en joernalis Ruda Landman, sê sy is baie beïndruk met Netwerk24 se vyfminute-luisterdrama, Sê maar ‘so long’, wat verlede week op dié nuusplatform begin het.

Dit is ’n goeie voorbeeld van hoe ’n nuusplatform uitgebrei kan word om nuwe geleenthede te bied

“Dit is ’n goeie voorbeeld van hoe ’n nuusplatform uitgebrei kan word om nuwe geleenthede te bied.”

Daar word nog heelwat soortgelyke praatjies beplan wat almal op Microsoft Teams aangebied word en waarop belangstellendes kan inskakel.

* Die volgende praatjie is op 8 April van 09:30 tot 11:00. Rea Mokone, bestuurder van Vrystaat Kuns en Gesondheid, gaan oor aanlyn gemeenskapsbetrokkenheid tussen kunstenaars en gemeenskappe gesels.

* Op 15 April gesels Michael Garbett, programbestuurder van die Vrystaat Kunstefees, met kenners oor ontluikende kunste.
* Kunsjoernalis Elretha Britz en bestuurder van die Vrystaatse Simfonieorkes (FSSO), Michelle Horn, gesels op 17 April oor lewenderegstreekse musiekvertonings te midde van die Covid-19-pandemie.
* Op 22 April gesels Mark Antony Dobson, PACE-programbestuuder, met verskeie nasionale en internasionale gaste oor “Pan-Africanism in the time of Covid-19”.
* Georgina Thompson, danskurator van die VK, gesels op 24 April met verskeie gaste oor die skep van dans in isolasie.

* Die laaste beplande gesprek op April se program is op 29 April, wanneer ’n gesprek gevoer gaan word oor die herposisionering van handelsname in vinnig veranderende tye.

Rig alle navrae oor die praatjies aan mark.dobson@volksblad.com.

besig om te laai... Regstreeks
Singapore 58/0
Malaysia 0
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 212/10
Australia 313/8
besig om te laai... Regstreeks
England (w) 417/8
South Africa (w) 284/10 & 140/5
Rand - Dollar
16.39
-1.0%
Rand - Pond
19.85
-0.9%
Rand - Euro
17.03
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.27
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-1.2%
Goud
1,804.85
-0.7%
Silwer
20.46
-1.4%
Palladium
1,908.00
-2.8%
Platinum
892.00
-2.8%
Brent-ruolie
116.26
-1.5%
Top-40
60,422
-1.8%
Alle aandele
66,477
-1.9%
Hulpbronne 10
64,581
-1.8%
Industriële 25
79,569
-1.2%
Finansiële 15
14,685
-3.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos