.

Toewyding aan diere bly sterk

akkreditasie
Judy van Zyl met Tiny, een van die baie honde wat by haar kom “aftree” het.Foto: Lientjie Mentz
Judy van Zyl met Tiny, een van die baie honde wat by haar kom “aftree” het.Foto: Lientjie Mentz

Sy het in haar lewe al meer as 6 000 diere gehelp en was in 2011 as Bloemfonteiner van die Jaar benoem.

Vandag leef Judy van Zyl (79) ’n bietjie rustiger en sien om na 11 honde by haar “aftreeoord” by haar huis in Brandwag.

Sy ontvang egter steeds baie oproepe en help waar sy kan.

Judy is al dekades betrokke by die sterilisering en versorging van diere.

“Al die honde wat hier by my ’n tuiste gekry het, het ’n storie.”

Sy was vroeër jare vir tien jaar by die Dierebeskermingsvereniging betrokke en was by ander diere-welsynswerk betrokke voordat sy die organisasie Pet Action in 2007 begin het.

“Kinders, oumense en honde kies nie hul omstandighede nie,” sê dié diereliefhebber oor talle diere wat al oor haar pad gekom het.

“Ons werk veral op die hoewes rondom Bloemfontein en help waar ons kan.”

Vier vrywilligers is die hande en voete waar Judy nie meer self by Pet Action se werk kan uitkom nie.

Pet Action fokus op die sterilisering van diere en bied kos en behandeling van siektes vir honde wie se eienaars dit nie kan bekostig nie.

“In hierdie moeilike tye is dit selfs meer van ’n uitdaging om in die toenemende behoeftes te voorsien. Pet Action ontvang geen subsidie nie en samel self geld in om veearts-rekeninge te betaal en kos te koop.”

Judy sê hulle is dankbaar vir skenkings van komberse en kos om Pet Action se werk voort te sit.

Sy sê van die groot probleme is dat mense onkundig is wanneer dit by troeteldiere kom en dat behoeftige mense sukkel om vir troeteldiere te sorg.

“Mense gee te maklik troetel­diere as ’n geskenk vir iemand wat nie daarvoor kan sorg nie.”

Judy sê om hierdie liefdeswerk te doen is nie altyd maklik nie.

“My lewe is al bedreig wanneer ons diere gaan red het wat in slegte omstandighede woon. Ek sal egter nie ophou nie en is dankbaar vir die vrywilligers wat ywerig help om aan diere ’n beter lewe te gee.”

Sy sê hulle samel nou geld in om katte by die Bayswater-aftreeoord te steriliseer.

Bel Judy by 078-893-6484.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 64/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.90
+0.2%
Rand - Pond
21.10
+0.4%
Rand - Euro
17.98
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.23
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Goud
1,772.59
+0.3%
Silwer
22.39
+0.0%
Palladium
1,855.50
+4.0%
Platinum
948.00
+0.8%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,533
-0.0%
Alle aandele
71,022
0.0%
Hulpbronne 10
67,111
-0.7%
Industriële 25
93,826
+0.2%
Finansiële 15
13,983
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos