.
Deel

Vrae oor oortydbetaling, maar geen dienste word gelewer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die setel vir die Mangaung-metro is in die Bram Fischer-gebou.Foto: Lientjie Mentz
Die setel vir die Mangaung-metro is in die Bram Fischer-gebou.Foto: Lientjie Mentz

’n Week ná die Mangaung-metro se aansuiweringsbegroting nie deurgestem kon word tydens ’n raadsvergadering nie, is dit Maandag (06/03) op ’n opvolgvergadering wel goedgekeur met 53 stemme.

Talle opposisiepartye het beswaar gemaak teen die aansuiweringsbegroting.

Braam Vorster, VF Plus-raadslid, sê dié goedkeuring kom ten spyte van ongemagtigde oorbesteding aan personeel se oortyd.

Die VF Plus het op die nuutste raadsvergadering weer gesê dat hulle nie vir die aansuiweringsbegroting sal stem nie.

“Ons stem teen die bykomende R11 miljoen wat vir die metropolisiediens toegeken word terwyl daar R216 miljoen begroot is vir die 2022’23-finansiële jaar. Die VF Plus het die metro herhaaldelik in die verlede gewaarsku dat daar nie genoeg geld is vir ’n metropolisie nie.”

Vorster sê daar word jaarliks begroot vir ’n departement wat nie in werking is nie en boonop verder geld vermors deur vir oortyd te begroot.

Werkers van die metro het Maandag buite die raadsvergadering betoog oor oortydbetalings en het die vergadering ’n tyd lank ontwrig.

Talle raadslede het gevra vir beter beskerming tydens raadsvergaderings.

Die speaker, Stefanie Lockman-Naido, het gesê die metro het ’n interdik teen die mense wat protesteer by die Bram Fischer-gebou. “Die veiligheid hier moet opgeskerp word. Mense kom en gaan net soos hulle wil in die gebou. Die veiligheid moet verbeter word,” het sy gesê.

Vorster sê luidens die halfjaarverslag het die metropolisie reeds R5 miljoen aan oortyd bestee. “Indien hierdie optrede voortgaan, gaan die aanpassing van R11 miljoen net gebruik word om voorsiening te maak vir ongemagtigde oortyd.”

Vorster sê hulle merk ook op dat in ander departemente reeds oorbestee is met oortyd soos by koöperatiewe dienste (R2,5 miljoen), ingenieursdienste (R13 miljoen), water (R10 miljoen) en afval- en vlootbestuur (R14 miljoen).

“Ons is bekommerd dat hierdie vergrype toegelaat word onder die wakende oog van die nasionale ingrypingspan wat moet toesig hou oor die geldelike herstel van die metro.

Die inwoners van Mangaung ontvang geen dienslewering wat die betaling van oortyd regverdig nie en die stad is vervalle.


“Die inwoners van Mangaung ontvang geen dienslewering wat die betaling van oortyd regverdig nie en die stad is vervalle,” het hy gesê.

Terwyl spertye vir die aanstelling van ’n stadsbestuurder reeds verlede jaar November was en die pos al drie keer geadverteer is, moet die proses nou weer voor begin.

VF Plus-raadslid Henry Denner het gesê die ANC vertraag die verkiesing van ’n stadsbestuurder en laat die raad planloos en rigtingloos lyk sodat die ANC kaders kan aanstel.

Die departementshoofde moes ook al einde Februarie aangestel gewees het.

Oor die ingrypingsplan het EFF-raadslid Jankie Sebolao gesê hy wil weet waar die herstelplan is wat in April ingestel sou word. Hy wou weet waar is die verslag wat die waarnemende stadsbestuurder en lid van die span, Teboho Motlashuping, moes lewer. “Dit is nou 10 maande sedert hulle hier aangekom het, en steeds is daar geen vordering in die metro nie,” het hy gesê.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.33
-0.9%
Rand - Pond
22.51
-1.2%
Rand - Euro
19.77
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.17
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
977.02
+0.9%
Palladium
1,409.01
+0.6%
Goud
1,956.01
-1.2%
Silwer
22.98
-1.1%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos