Baie kopers in vandag se eiendomsmark is op soek na eiendom in beveiligde residensiële landgoedere.
Die vraag na landgoedeiendom het in die laaste paar jaar aansienlik toegeneem, wat op sy beurt weer daartoe gelei het dat nuwe landgoedontwikkelings teen ’n flinke tempo oor die land heen opskiet.
Hierdie tipe ontwikkelings is baie aanloklik vir kopers wat aangetrek word deur die verskeidenheid voordele en geriewe wat daarmee gepaardgaan om ’n eiendom in só landgoedontwikkeling te besit. Daarbenewens is daar ook spesiale landgoedere wat in ’n koper se persoonlike behoeftes en leefstylkeuses kan voldoen.