Die koejaweloes vir die 2021-seisoen lyk belowend en beter as verlede jaar.
Weens gunstige weerstoestande en min wind in Januarie en Februarie, het die vrugte goed geset en min afgespeen. Die reënval van tussen 40 en 50 mm gedurende Maart was ideaal vir koejawelproduksie.
Die totale koejaweloes word in hierdie stadium op sowat 23 500 ton geraam. Dit is sowat 3% tot 4% meer koejawelvrugte as verlede jaar.