.
Deel

Pa van ses sterf in geveg by plaaslike winkelsentrum

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lorenzo Wynand is dood nadat hy ’n noodlottige steekwond in ’n bakleiery met veiligheidswagte by die Shoprite-winkelsentrum in Macassar opgedoen het. Drie wagte is beseer.Foto:
Lorenzo Wynand is dood nadat hy ’n noodlottige steekwond in ’n bakleiery met veiligheidswagte by die Shoprite-winkelsentrum in Macassar opgedoen het. Drie wagte is beseer.Foto:

’n Ses-en-dertig-jarige man en pa van ses is Saterdag (25 Maart) in ’n bakleiery met veiligheidswagte by die Macassar-winkelsentrum doodgesteek.

Drie van die wagte is in die voorval, wat later in ’n bakleiery ontaard het, beseer.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 09:00 plaasgevind nadat ’n jeugdige, wat vermoedelik ’n familielid is van die man wat doodgesteek is, deur sekuriteitswagte weens diefstal uit ’n winkel vasgetrek is.

“ ’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die jeugdige se familie deur iemand in kennis gestel is dat hy deur sekuriteitswagte vasgetrek is,” sê Van Wyk.

Die familielede en lede van die gemeenskap het glo met messe en panga’s by die sentrum opgedaag en ’n bakleiery het uitgebreek. Drie veiligheidswagte het ernstige beserings opgedoen.

Volgens Van Wyk sluit die wagte se beserings steekwonde in. Een van die wagte is in ’n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem. Die ander twee het mediese behandeling ontvang en is ontslaan. Die wagte het verskeie beserings opgedoen, waaronder beserings aan die bolyf en arms sowel as kopbeserings.

Die oorledene, Lorenzo Wynand, se jonger suster, Cashlin Wynand, beskryf die nuus van haar broer se dood as van die skokkendste wat sy nog ontvang het.

Volgens die polisie het ’n steekwond in die bors tot Wynand se dood gelei.

Die steekwond is blykbaar deur een van die wagte, wat ook beseer is, toegedien.

’n Geregtelike doodsondersoek is weens Wynand se dood geopen.

’n Besoeker aan die winkelsentrum ten tyde van die aanval beskryf die ondervinding as een van die aakligste ervarings nog.

“Mense het links en regs uitgehardloop en geskree. Bejaardes, wat nie so vinnig kon uitbeweeg nie, moes agter by die ontvangskant van die winkelsentrum uitgaan,” het Janine Charles op Facebook oor die aanval geskryf.

Die slagoffer se suster sê sy probeer nog uitvind presies wat gebeur het. “Ek kan self nie kommentaar lewer oor die voorval nie. Maar ek sal my broer altyd onthou as iemand wat baie stil was, maar altyd tyd vir ’n grappie of twee gehad het,” sê Cashlin.

Van Wyk het bygevoeg die Macassar-polisie ondersoek nie net die dood van die 36-jarige nie, maar ook die diefstal-klagte waarby ’n minderjarige glo betrokke was asook drie klagte van poging tot moord op die wagte.

Die minderjarige is in die sorg van sy ouers vrygelaat.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Australia 469/10
India 60/3
Rand - Dollar
18.82
+1.5%
Rand - Pond
23.59
+0.8%
Rand - Euro
20.27
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.62
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
1,016.39
-0.5%
Palladium
1,382.71
-0.8%
Goud
1,966.01
+1.3%
Silwer
24.26
+3.5%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,652
-0.3%
Alle aandele
76,972
-0.2%
Hulpbronne 10
69,229
-1.4%
Industriële 25
103,198
-0.3%
Finansiële 15
15,583
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos