.

Pa voor 10-jarige geskiet

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Die Strand-polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat ’n jong pa in ’n vermeende bendeverwante skietvoorval gewond is.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Nico Beukes, het beamptes Sondag (3 Oktober) om 06:35 op die voorval gereageer wat nóg een in die voortdurende geveg om dwelmgebiede is.

Beukes het gesê ’n getuie beweer hy het agt skote gehoor wat geklink het asof dit van die begraafplaas in Sercor-rylaan kom.

“Hy het glo by sy venster uitgekyk en niemand gesien nie. Toe hy vir ondersoek na buite gaan, het sy 10-jarige kleinseun in hom vasgehardloop en hom meegedeel het dat hulle sy pa geskiet het,” het Beukes gesê.

Die slagoffer, ’n 28-jarige man, is met twee skietwonde, min of meer 15 cm van mekaar, aan die bobeen na die hospitaal vervoer. Hy het weens die skietwonde ook ’n fraktuur aan die been opgedoen.

Polisiebeamptes het op vier patrone en ander ammunisie op die toneel beslag gelê.

Niemand is nog in verband met die skietvoorval in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

V Daar word ’n beroep op mense met inligting gedoen om vir luitenant-kolonel Franklin Plaatjies by 082 469 3359 te bel.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.41
+0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,800.24
+0.4%
Silwer
24.41
+0.3%
Palladium
2,033.50
+0.6%
Platinum
1,044.39
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.6%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos