.

Slopingsvoorstel vir biblioteek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Hierdie prentjie van verwoesting staan soos ’n seer duim uit in Laer Gordonsbaaiweg.Foto: Yaseen Gaffar
Hierdie prentjie van verwoesting staan soos ’n seer duim uit in Laer Gordonsbaaiweg.Foto: Yaseen Gaffar

Strukturele deskundiges het die Stad Kaapstad aanbeveel om die verkoolde oorblyfsels van die gebou wat eens die Suiderstrand-biblioteek gehuisves het, te sloop.

Die 42-jarige biblioteek, wat as baken van hoop vir die gemeenskap gedien het, is op 27 Februarie in ’n verwoestende brand in puin gelê (“Geskiedenis, nie net boeke, vernietig,” DistriksPos, 4 Maart). Die voorval het in die vroeë oggendure plaasgevind en brandweerdienste is ná ’n noodoproep om 05:37 ontplooi. Die verwoestende brand is die eerste voorval in onlangse jare waarin ’n stadsbiblioteek heeltemal vernietig is.

Die gemeenskap ly steeds maande later die verlies van ’n vier dekade oue baken waarheen talle jeugdiges oor die jare hul toevlug geneem het en ’n biblioteek wat selfs as naskoolsentrum vir veilige leer gedien het. En, die oogseer wat ná die tragiese voorval in Laer Gordonsbaaiweg agtergelaat is, dien as ’n pynlike herinnering van die kosbare bate wat vernietig is.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, het by navraag vandeesweek gesê dat die bouverslag ingedien is en aanbeveel dat die gebou gesloop word.

“Die tydsraamwerk vir die sloping is onbekend,” het Badroodien aangevoer.

Sou die sloping wel ’n werklikheid word, het Badroodien by verdere navraag onthul dat die gebou wel gesloop sou word om die biblioteek te hervestig.

“Ons besef wat die biblioteek vir die diverse gemeenskap beteken het en sou nie wil hê dat dit daarsonder moet klaarkom nie. Die ander een van talle uitdagings sal egter wees om die geld daarvoor te vind.”

Die Strand-polisie het ná die voorval ’n saak van brandstigting ondersoek en ’n Pretoriase span van forensiese deskundiges het van 3 tot 4 Maart die toneel gefynkam vir leidrade (“Biblioteek ‘boek vir boek’ herbou,” DistriksPos, 18 Maart). Volgens ’n Strand-polisiewoordvoerder is die verslag wat die brandoorsaak sou bepaal, voltooi en op 10 Mei ontvang.

“Die gevolgtrekking in die 42 bladsy lange verslag was dat die oorsaak onbepaald is,” het die polisiewoordvoerder gesê. Gevolglik is die ondersoekdossier vir eers gesluit tensy nuwe inligting opduik en vereis dat die ondersoek weer hervat word.

Volgens Badroodien is 24-uur- sekuriteit ingestel om die gebou solank teen diewe en vandale te beskerm.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,798.76
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,054.00
+1.6%
Platinum
1,041.00
-0.2%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.0%
Alle aandele
67,172
0.0%
Hulpbronne 10
63,244
-0.0%
Industriële 25
86,436
-0.3%
Finansiële 15
13,915
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos