.

Buurtwagte kry nuwe wiele en toerusting

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Buurtwagte het vandeesweek fietse en veiligheidstoerusting ontvang.
Buurtwagte het vandeesweek fietse en veiligheidstoerusting ontvang.

Buurtwagte speel ’n kardinale rol in die veiligheid van gemeenskappe en in die meeste gevalle sonder vergoeding.

Dit was ook in die onlangse verkiesingsveldtogte ’n brandpunt met talle wat meen buurtwagte is die sleutel om misdaad in die gemeenskap te bekamp.

Vandeesweek het Stellenbosch-munisipaliteit die ondersteuning wat nodig is gebied deur 100 fietse en veiligheidstoerusting aan plaaslike buurtwagte te skenk.

“Dit is ’n eer en ’n voorreg om vandag (Vrydag 6 Oktober) hier te wees met manne en vroue wat hul gemeenskap sonder enige selfsug dien. Die werk wat deur buurtwagte gedoen word om strate veilig te hou, om eerste op die tonele te wees en hulp aan wetstoepassers te bied, is van onskatbare waarde,” het die uitvoerende burgemeester van Stellenbosch-munisipaliteit, Gesie van Deventer, gesê.

Die fietse en veiligheids­toerusting is deur die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke aan Stellenbosch-munisipaliteit geskenk.

Dié gebaar is deel van die departement se provinsiale volhoubare vervoerprogram.

Van Deventer is by die oorhandiging bygestaan deur die munisipale bestuurder, Geraldine Mettler, en burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, raadslid Rikus Badenhorst.

Daar is ook nuwe FireKillas-toerusting verskaf om te help wanneer brande uitbreek. Buurtwagte is baiekeer die eerste mense wat op die brandtonele is en help om lewens te red.

Die Stellenbosch-munisipaliteit het hom daartoe verbind om buurtwagte te ondersteun en nodige hulp te verleen waar moontlik.

Oktober staan bekend as Vervoermaand en die fietse dra ook by tot die munisipaliteit se visie om volhoubare vervoerstelsels daar te stel.

“Baie dankie vir jul moed, opoffering en lang ure in gure weerstoestande om die dorp veilig te hou,” het Van Deventer afgesluit.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 51/3
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 19/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.2%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.2%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.9%
Rand - Jen
0.13
-1.7%
Goud
1,780.44
-0.2%
Silwer
24.18
-0.7%
Palladium
1,999.78
-3.4%
Platinum
1,049.32
-0.4%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.3%
Alle aandele
66,189
-1.2%
Hulpbronne 10
61,545
-2.6%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos