.

Emily (3)

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Emily-Hope Wenn is die nuwe Mini Mej. Suid-Afrika 2021.Foto: Angelo Julies
Emily-Hope Wenn is die nuwe Mini Mej. Suid-Afrika 2021.Foto: Angelo Julies

Haar oorwinning is nie net vir haar nie, maar vir haar familie, gemeenskap en die dorp.

Dit is hoe die ouma van die jongste “Mej. Suid-Afrika”, Celestia Adams, die oorwinning beskryf nadat Emily-Hope Wenn Saterdag 9 Oktober as Mini Mej. Suid-Afrika 2021 gekroon is.

Sy het die titels vir Mini Mej. Suid-Afrika 2021, Mini Mej. Wêreld Suid-Afrika 2021 en Mini Gesig van Suid-Afrika 2021 verower. Sy is ook vir die Beste Aanddrag, Beste Onderhoud en Mej. Congeniality beloon.

“Toe hulle haar naam uitroep, het ek en my ma gelyk opgespring en geskree. Ons was die enigste mense in die hele gehoor wat opgespring het; die ander mense het seker groot geskrik,” vertel Jowain Geldenhuys, Emily se ma.

Geldenhuys sê hulle is baie trots op Emily, want hulle het nie gedink sy sou so ver vorder nie.

“Sy het baie hard gewerk; die dae was lank vir haar. Sy moes soggens vroeg opstaan en het heeldag vir die week van die kompetisie programme gehad om te voltooi.

“Sy is gewoonlik skaam, maar hierdie keer was sy soos ’n ander kind. Sy was baie volwasse.”

Emily het Saterdagaand nie net haarself verteenwoordig nie, maar die drie geslagte in haar familie ook trots gemaak. “Sy het op 3 jaar reggekry waarvan ons net gedroom het,” het Adams gesê.

Emily se ma, ouma en tannie het ook, toe hulle jonger was, skoonheidskompetisies gewen.

“Haar harde werk en opofferings het vrugte afgewerp en sy het ons baie trots gemaak. Elke liefdadigheidstaak wat sy aangepak het, was die moeite werd,” voeg Adams by.

Adams sê hulle is veral dankbaar vir Emily se afrigter, Melani van der Merwe, van Helderberg Modeling Studios, wat haar talent raakgesien en hulle aangemoedig het om haar vir die Pegeants SA-kompetisie in te skryf. “Melani het haar ontwikkel en baie in ’n kort tydjie vermag. Ons is haar ewig dankbaar,” voeg sy by.

Adams sê dis glad nie tyd vir ontspan nie, want Emily moet reeds begin voorberei vir haar volgende geleentheid in Turkye volgende jaar wanneer sy aan die internasionale deel van die kompetisie gaan deelneem. “Ons hoop om voor dan die nodige geld te hê om te kan gaan.”

besig om te laai... Regstreeks
Oman 116/7
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 42/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.1%
Rand - Pond
19.99
-1.1%
Rand - Euro
16.85
-1.1%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.6%
Goud
1,780.93
-0.1%
Silwer
24.15
-0.7%
Palladium
2,010.50
-3.0%
Platinum
1,050.50
-0.2%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.4%
Alle aandele
66,189
-1.3%
Hulpbronne 10
61,545
-2.7%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos