.
Deel

Gemeenskap erg vies oor ontwikkeling

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die Jamestown-belastingbetalersvereniging, Jamestown-erfeniskomitee, Jamestown Kerke en gemeenskap, Stellenbosch-belastingbetalersvereniging en veral die Vriende van Stellen­bosch-berg is ongelukkig omdat die Stellenbosch-munisipaliteit die ontwikkeling by Blaauwklippen goedgekeur het.

Ondanks sterk teenkanting van die gemeenskap het die Stellenbosch-burgemeester, adv. Gesie van Deventer, steeds die ontwikkeling in belang van Blaauwklippen goedgekeur.

“Die goedgekeurde ontwikkeling is nie op Blaauwklippen-plaas nie, maar op ’n aparte stuk grond met aparte titelaktes, langs die La Clemence-aftreeoord en was voorheen onwettig beset en het bekend getaan as Kreefgat,” het Stuart Grobbelaar, munisipale woordvoerder gesê.

In ’n brief, gedateer 26 Mei 2021, aan die munisipaliteit namens die gemeenskap en rolspelers staan Jamestown-gemeenskap die voorgenome hoëdigtheids-ontwikkeling op gedeelte 52, 53, 54 en 71 (landbousone) van die plaas Blaauwklip no. 510, Jamestown, afdeling Stellenbosch asook enige ander soortgelyke aansoeke ten sterkste teen en teken beswaar aan in belang van die aansienlike sterk historiese en selfs sterker erfeniswaarde wat aan hierdie erwe geheg word.

“Die landbousone/‘watererven’ in Jamestown is wat hierdie dorp uniek maak en laat uitstaan bo ander omliggende dele en dorpies van Stellenbosch. Dit is deel van die dorp en gemeenskap se unieke historiese, landbou- en kulturele erfenis en erfporsies. Ons as gemeenskap wil hierdie uniekheid graag behoue laat bly,” lui die brief.

Die brief luit verder: “Weens onbekostigbaarheid en hoë belastingtariewe as gevolg van gentrifikasie staar die huidige en toekomstige nageslagte weer eens ‘gedwonge verskuiwing’ in die gesig in die sin dat talle erfhouers geen keuse het en gaan hê as om te verkoop of selfs hul eiendom te verloor weens onbekostigbaarheid en bykomende lenings wat aangegaan moet word.”

Hulle glo die historiese Apartheidsregering se rasseklassifikasies en groepsgebiedestelsels en gepaardgaande onderdrukking word nou nie net deur die gentrifikasie-proses vervang nie, maar ook die gepaardgaande ekonomiese vooruitgang van gegoede multimiljoen­randontwikkelaars/ aandeelhouers teenoor ekonomiese onderdrukking van die langsbestaande historiese middel-, laer- en selfs geen-inkomstegemeenskap wat reeds onder geweldige druk is.

“Die langs bestaande historiese erfhouers waarna verwys word het die erwe van hul ouers en voorouers geërf. Baie van hierdie erfhouers, van wie baie middel- tot laer-inkomste gesinne is en selfs dié wat ’n minimale inkomste (Sassa) ontvang sal dus nie eiendom in Jamestown kan koop of bekostig nie weens hul ekonomiese situasie.

“Een van die redes vir die herbekendstelling en herlewing van die Jamestown-aarbeifees deur die Webers-toerismenetwerk in 2015 is juis om ons aarbei- en ander kleinboerderygemeenskap se erfenis te vier en ook om die bestaande en nuwe opkomende kleinboere aan te moedig om voort te gaan met boerderyaktiwiteite op die landbou-erwe. Die jaarlikse fees gedurende die eerste naweek in November skep natuurlik ook die platform vir kleinboere om hul aarbeie en ander varsprodukte te verkoop.

“Met die daarstelling van vorige en bestaande multimiljoenrand-ontwikkelings vir aansienlike hoër-inkomstegroepe was die bestaande dorpsbestuur/verteenwoordigers en selfs die gemeenskap nie noodwendig bewus van die negatiewe ekonomiese invloed wat hierdie ontwikkelings vir die lang termyn gaan inhou wat betref buitensporige verhogings van eiendomswaardasies en gepaard- gaande belastingtariewe nie.

“Die gemeenskap glo met die huidige aansoeke is dit dus nou duidelik dat die gevolge van gentrifikasie, na plus minus 20 jaar, beslis negatief vir die langs bestaande historiese inwoners en hul nageslagte is en gaan wees.

“Jamestown-gemeenskap versoek dus dat Blaauwklippen sy aansoek sal heroorweeg en terugtrek in belang van ons historiese Jamestown- gemeenskap, ons erfenis en ons voortbestaan. Op die ou einde moet gekies word tussen ekonomiese vooruitgang vir die plaas teenoor onderdrukking en afbreuk aan die dorpie se unieke erfenis en karakter,” aldus die brief.

Grobbelaar sê die burgemeester, as appèl-owerheid, volg streng wetlike riglyne ingevolge die beplanningsordonnansies en die beoordeling van appèlle.

“In hierdie geval, afgesien van skriftelike voorleggings, het die burgemeester alle betrokke partye genooi om ook mondelinge bydraes te lewer. Dit is presies gedoen om te verseker dat alle geaffekteerde partye ’n regverdige geleentheid kry om insette te lewer en hul stem te laat hoor.”

Hy sê die besluit is deur alle betrokke partye aanvaar aangesien geen van die partye die beslissing van die appèl-owerheid op hersiening geneem het nie.

Grobbelaar voeg by dat die appèl-owerheid die besluit hoofsaaklik op die volgende redes gegrond het:. Die perseel is sedert 2010 geleë in Stellenbosch se stedelike rand (urban edge);. Erfenis-Wes-Kaap, die liggaam wat daarop ingestel is om te verseker dat erfenishulpbronne te alle tye beskerm word, onderskryf die erfenisvoorraad;. Erfenis-Wes-Kaap het ook ’n impakbeoordeling gedoen en bevind dat die ontwikkeling geen erfenishulpbronne sal beïnvloed nie;. Die ontwikkeling word ondersteun deur die Wes-Kaapse departement van landbou;. Die relatief klein terrein van 2,4 hektaar is nie geskik vir landboubedrywighede nie;. Die La Clemence-aftreeoord, ’n baie soortgelyke ontwikkeling, is langs die voorgestelde ontwikkeling goedgekeur.

“In die belang van deursigtigheid is die beslissingsbriewe vir die publiek oop en op die munisipale webwerf beskikbaar. Dit hou geensins verband met partypolitieke-aktiwiteite nie. Enige voorstelle van partydige inmenging is ’n lasterlike, heeltemal ongegronde aanval op die integriteit van die burgemeester.”

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Australia 327/3
India 0
Rand - Dollar
18.95
+0.8%
Rand - Pond
23.63
+0.6%
Rand - Euro
20.30
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.67
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
1,026.83
-1.2%
Palladium
1,392.91
-0.1%
Goud
1,947.64
+0.4%
Silwer
23.71
+1.2%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,708
-0.2%
Alle aandele
77,037
-0.1%
Hulpbronne 10
69,745
-0.7%
Industriële 25
103,242
-0.2%
Finansiële 15
15,476
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos