.

Hoof van Dorothea vir uitnemendheid vereer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Anthea Williams, hoof van Dorothea Spesiale Skool, ’n skool vir leerders met spesiale leerbehoeftes (LSO), is vir haar uitnemendheid in laerskool-leierskap vereer. Foto: Angelo Julies
Anthea Williams, hoof van Dorothea Spesiale Skool, ’n skool vir leerders met spesiale leerbehoeftes (LSO), is vir haar uitnemendheid in laerskool-leierskap vereer. Foto: Angelo Julies

“Ons is draers van hoop.”

Met hierdie woorde het Anthea Williams, hoof van Dorothea Spesiale Skool, ’n skool vir leerders met spesiale leerbehoeftes (LSO), haar prestasie as Wes-Kaapse wenner vir Uitnemendheid in laerskool-leierskap beskryf.

Williams is Maandag onder luide applous van kollegas en leerders by die skool terug verwelkom nadat sy verlede Woensdag (6 Oktober) aan die nasionale deel van die kompetisie deelgeneem het. Sy het derde in Suid-Afrika geëindig.

Die skool het ’n verwelkoming­seremonie in die skool se tuin gehou.

“Dank kan nie beskryf hoe ek voel oor hierdie prestasie nie. Hierdie prestasie is vir elkeen van ons kinders, want LSO-skole suig altyd aan die agterste speen. Hierdie prestasie gaan baie deure vir LSO-skole oopmaak,” het Williams trots gesê.

Williams sê sy het die proses enduit deurgesien om die wêreld te wys LSO-kinders verdien ook die beste. “LSO-skole is uitsonderlik, want hier dink ons nie met die kop nie, ons dink met die hart.

“Dit was ’n wonderlike reis; ek het nie verwag om so ver te kom nie. My grootste uitdaging was om te praat oor wat ek bereik het, want my filosofie is nie ek nie, maar ons, want ek glo aan spanwerk. Dit maak nie saak wat ’n mens doen of bereik nie, jy is nooit groter as die saak nie,” het sy bygevoeg.

Willy Maliwa, die kringbestuurder van die Stellenbosch-kring van die Kaapse Wynland-onderwysdistrik, het Williams geprys vir haar leierskap en gesê sy baan die weg vir LSO-skole. “Prestasies soos hierdie is net moontlik wanneer jou leier passievol is oor onderwys en jou personeel jou ondersteun. ’n Blink toekoms lê vir juffrou Williams in die distrikskantoor voor.”

besig om te laai... Regstreeks
Oman 44/2
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 19/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.2%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.2%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.9%
Rand - Jen
0.13
-1.7%
Goud
1,780.44
-0.2%
Silwer
24.18
-0.7%
Palladium
1,999.78
-3.4%
Platinum
1,049.32
-0.4%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.3%
Alle aandele
66,189
-1.2%
Hulpbronne 10
61,545
-2.6%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos