.

Hub kan dalk werkers help

akkreditasie

’n Inwoner van Kylemore droom daarvan om binnekort ’n vaardigheidshub, waar inwoners hul kennis en vaardighede met mekaar kan deel, te stig.

Allister Lackay sê die doel is om ’n hub op die been te bring waar mense in die Kylemore-gemeenskap, voormalige en huidige inwoners, hul vaardighede, talente en kennis (professioneel of semi-professioneel) met mense in die gemeenskap kan kom deel – dit wat hulle opgedoen het in studies of selfs in die werksplek.

“Indien mense voel hulle het dalk nie vaardighede, talente of kennis wat hulle kan deel nie is hulle ook welkom om ander bydraes te maak soos om internet, rekenaars, telefone, skandeerders, drukkers ensovoorts beskikbaar te stel. Dit is interessant dat baie mense nooit aansoek doen om werksgeleenthede of beurse nie omdat hulle nie toegang het tot sulke geriewe nie,” voeg Lackay by.

Lackay sê die plan is om die inisiatief in drie fases uit te rol.

“Fase 1 is om mense te kry wat graag so iets op die been wil help bring en kan uithelp met uitrol en implementering daarvan. Hierdie groep sal seker maak dat geïdentifiseerde behoeftes aandag geniet en dat leiers aangestel word om sekere take te dryf. Hulle gaan ook hul talente, vaardighede en kennis gebruik om in van die behoeftes te voorsien en vorm ook deel van fase 2.

“Fase 2 behels die werwing van addisionele mense of diensverskaffers wat dinge kan aanpak wat die groep in fase 1 nie noodwendig direkte kennis van het nie.”

Hy meen dit is belangrik om te noem dat behoeftebepaling van die gemeenskap self af kom. “Ons sal ’n platform op die been bring waar mense binne die gemeenskap vrymoedigheid kan hê om vir hulp te vra. Hulp sal verleen word in die vorm van die opstel van CVs, finansiële wenke (begrotings, skuldbestuur, besparing en beleggings), regswenke (opstel van basiese testament, boedelbeplanning asook ander regskwessies), aansoeke om staatstoelaes, beursaansoeke, berading en maatskaplike dienste, talentontwikkeling en ontginning daarvan.”

Lackay sê indien die hub nie die behoeftes self kan aanpak nie, daar moeite gedoen sal word om kenners op die gebied te ontbied om sulke behoeftes aan te pak.

Fase 3, sê Lackay, word eers later geïmplementeer, maar dit sal behoeftes behels wat geïdentifiseer word as grootskaals en aangepak word in gespesialiseerde werksessies.

“Die mooiste van dit alles is dat mense uit die gemeenskap mense binne die gemeenskap gratis sal kan help.”

Die eerste vergadering sal op 30 November plaasvind en enigeen wat deel daarvan wil wees en voel hulle kan ’n bydrae maak is welkom om Lackay by 079 879 6135 of ajlackay@gmail.com te kontak.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 161/2
besig om te laai... Regstreeks
Glasgow Warriors 19
Dragons 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos