.

Jongste kandidaat het talle planne

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Mayan Stegmann is die jongste wykskandidaat wat in vanjaar se munisipale verkiesing op die kieserslys sal verskyn.Foto:
Mayan Stegmann is die jongste wykskandidaat wat in vanjaar se munisipale verkiesing op die kieserslys sal verskyn.Foto:

“Dit is tyd dat ons krities begin dink oor wat eintlik in ons dorp en in ons land aangaan.”

Hierdie woorde is die dryfkrag agter die jongste wykskandidaat in vanjaar se munisipale verkiesing.

Op net 19 jaar is Mayan Stegmann tot môre (8 September) wanneer hy verjaar die jongste kandidaat wat hoop om stemme in vanjaar se verkiesing te werf.

Eikestadnuus het vroeër berig dat Carli van Wyk (24), die DA se kandidaat, die jongste is. Stegmann is egter sover bekend die jongste.

“Ek het ’n jaar terug besluit om by die Kaapse Onafhanklikheid Party betrokke te raak. Hoekom? Die Kaap se onafhanklikheid is iets waaraan ek sterk glo,” vertel dié oud-leerder van die Laerskool Eikestad en Hoërskool Stellenbosch.

Hy het in 2019 aan die Hoërskool Stellenbosch gematrikuleer en sedertdien het hy ’n kursus in kubersekuriteit geloop.

Stegmann bieg dat hy homself meer as ’n aktivis as ’n politikus beskou. Maar, sê hy, hy was genoodsaak om ’n politieke tuiste te vind omdat hy besef het dat onafhanklikheid van ’n regering net deur ’n politieke, wettige en grondwetlike proses moontlik sal wees.

“My visie is om dienslewering te verbeter, korrupsie uit te roei en die nasionale polisiediens van ons dorp reg te ruk,” sê Stegmann.

Kiesers van wyke 1, 3, 4, 7, 8 en 9 sal die geleentheid hê om hul kruisie langs Stegmann se naam te trek.

“In die Wes-Kaap betaal belastingbetalers byna R200 miljard se belasting jaarliks. Die geld word dan na die nasionale tesourie gestuur waar dit direk in die broeksakke van korrupte politici en geld-honger oligarge beland. Die oorblywende R50 miljard is dan vir die publiek om mee te oorleef,” meen hy.

“Ons kan dit verhoed deur ons eie regering in die Wes-Kaap te stig wat gedesentraliseer en onafhanklik van die nasionale regering funksioneer.” Dit sal volgens Stegmann die Wes-Kaap in ’n posisie plaas om dienslewering te verbeter en belasting te halveer terwyl die gehalte van lewe behou en verbeter word.

“Mag lê in die kiesers se hande. Martin Luther King het gesê ’n mens se lewe eindig as ons begin stilbly oor dinge wat saak maak.”

Stegmann sê hy is nie ’n politikus nie en stel ook nie belang in die geld nie. Vir hom gaan dit oor die betrokkenheid van die jeug om seker maak daar is ’n stem wat praat oor toekomstige potensiaal.

“Daar is meer opsies vir inwoners as net twee politieke partye. Hier staan ek as ’n jong beroepsman en betwis ’n plaaslike verkiesing. Ons eie uitdagings behoort ons nie te keer om te doen wat vir ons saak maak nie.”

Stegmann is ’n gekwalifiseerde kubersekuriteitanalis.

“Ek moedig almal aan om te doen wat hulle kan om ons land te verbeter. Ons moet ons vryheid ernstig opneem en ons moet nou die regte besluit neem in die verkiesing. Die mag is in die hande van die publiek,” sluit Stegmann af.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 0
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 181/7
Papua New Guinea 97/10
besig om te laai... Regstreeks
Knights 95/6
North West 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-0.9%
Rand - Pond
19.99
-0.8%
Rand - Euro
16.85
-0.9%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.6%
Rand - Jen
0.13
-1.4%
Goud
1,783.22
+0.0%
Silwer
24.24
-0.5%
Palladium
2,024.50
-2.5%
Platinum
1,047.00
-0.2%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.4%
Alle aandele
66,189
-1.3%
Hulpbronne 10
61,545
-2.5%
Industriële 25
85,379
-0.3%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos