.

Maghmoed hou moed

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Ben “Oupa” Menilla en Maghmoed Kara het Vrydag (8 Oktober) die eerste oes – beet en wortels – uit die grond gehaal. Foto: Breyten Cupido
Ben “Oupa” Menilla en Maghmoed Kara het Vrydag (8 Oktober) die eerste oes – beet en wortels – uit die grond gehaal. Foto: Breyten Cupido

In die moeilike ekonomiese toestande wat die wêreld tans beleef, is dit nodig dat vernuwende denkers wat hulle daarop toespits om ’n verskil in gemeenskappe te maak, die hand opsteek – net soos die 57-jarige Maghmoed Kara van Idasvallei.

Kara het sedert die begin van die Covid-19-pandemie gesien hoe mense in die gemeenskap swaarkry en ’n sopkombuis op die been gebring.

“Ons het die sopkombuis aan die begin van die pandemie begin en ons is steeds besig om die gemeenskap weekliks te bedien,” vertel Kara.

Kara woon al sy lewe lank in Idasvallei en weet wat die potensiaal van die gemeenskap is. Om dié rede het hy besluit dit is weer tyd om die gemeenskap se trots te herstel en saam te werk om ’n verskil te maak.

“Ons het drie maande gelede begin om groente by die Idasvallei Primêre Skool te plant en op ander plekke het ons blomtuine gemaak.”

Kara het met die hulp van skenkers plante en saad vir groente in die hande gekry.

“Ons hoop om nog grond te kry om selfs ’n groter oes te bewerkstellig wat ’n impak in die gemeenskap sal hê. Dit gaan mense help wat dit broodnodig het en ons beplan om die tuine vir die gemeenskap oop te stel,” sê Kara.

Die blomtuine verskaf welkome kleur aan die sypaadjies van Idasvallei en volgens Kara is daar positiewe kommentaar vanuit die gemeenskap. In sy eie woorde verander hulle “gras na blomme”.

Kara werk ook met Gift of the Givers en saam het hulle reeds agt plase besoek en reeds meer as 700 mense op verskillende plase gevoed.

“Vir my is dit ’n voorreg om te sien hoe baie waardering mense het en dit motiveer my om meer te doen.”

Kara se mening is dat elkeen se bydrae help om gemeenskappe te skep wat veilig is en wat geleenthede aan inwoners gee.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 0/0
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 97/6
North West 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.0%
Rand - Pond
19.99
-1.0%
Rand - Euro
16.85
-1.0%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-1.6%
Goud
1,783.98
+0.2%
Silwer
24.17
-0.5%
Palladium
2,019.47
-2.8%
Platinum
1,046.39
-0.3%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.3%
Alle aandele
66,189
-1.2%
Hulpbronne 10
61,545
-2.5%
Industriële 25
85,379
-0.3%
Finansiële 15
13,931
-1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos