.

Nog ’n skokverhaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Nog ’n familie van ’n inwoner van Huis Ebenhaeser beweer hulle is uit duisende rande geswendel en inwoners word nou glo gemaan om “stil te bly” en nie oor die onregmatighede te praat nie.

Dit volg nadat ’n werknemer onlangs by Huis Ebenheaser afgedank is en ’n saak van bedrog, wat met van die inwoners se Sassa-kaarte verband hou, word ondersoek. Groot bedrae geld van bejaardes, en ’n R50 000-deposito is glo ook deur die verdagte gesteel.

“As die direksie hoor van mense wat met die polisie of ander instansies praat wat hulle wil help om agter die kap van die byl te kom, ly die inwoners daaronder,” vertel die familielid.

Hierdie slagoffer het bykans R30 000, elektroniese toestelle en ’n duur wynversameling verloor.

Die inwoner het in 2020 siek geword en is bewusteloos gevind nadat sy familie glo weke lank navraag oor die inwoner se toestand gedoen het. Die inwoner is toe ná ’n tyd in die kamer gevind.

“Ons is toe hospitaal toe en het agtergekom hy het geheueverlies. Sy geheue het stukkie vir stukkie teruggekom en dit is toe ontdek dat groot verliese gely is.”

Die familie is na die bank om ondersoek in te stel, en hier het hulle agtergekom dat bykans R30 000 weg is.

Later het hulle die ander verliese in die wooneenheid ontdek.

“Ons was uit die veld uitgeslaan en ná ’n jaar wag ons steeds op antwoorde. Ons het ’n klagte by die plaaslike polisiekantoor aangemeld, en dit word tans ondersoek, maar ons het nog geen terugvoering hieroor ontvang nie.”

Die familie vermoed dat dit nie net een van die personeellede is wat van die bejaardes steel nie, maar dat minstens vyf ander mense daarby betrokke is.

“Ons wil hê almal wat ’n rol daarin gespeel het, moet aanspreeklik gehou word en ons wil hê die inwoners moet hul aftrede rustig kan geniet sonder enige bekommernisse van enige aard.”. Huis Ebenhaeser is genader vir kommentaar, maar het teen druktyd steeds geen antwoorde aan Eikestadnuus verskaf nie.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 31/2
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.2%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.2%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.9%
Rand - Jen
0.13
-1.8%
Goud
1,780.91
-0.1%
Silwer
24.17
-0.8%
Palladium
2,019.47
-3.2%
Platinum
1,052.50
-0.0%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.4%
Alle aandele
66,189
-1.3%
Hulpbronne 10
61,545
-2.6%
Industriële 25
85,379
-0.3%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos