.

Ons soek antwoorde, sê aktiviste ná kind verkrag is

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Betogers het onderklere oor die hospitaal se heining, voor die ingang gehang en met plakkate betoog.Foto: Angelo Julies
Betogers het onderklere oor die hospitaal se heining, voor die ingang gehang en met plakkate betoog.Foto: Angelo Julies

Gemeenskapsaktiviste en inwoners van Stellenbosch soek antwoorde en eis dat die Stellenbosch-hospitaal ondersoek word en aan die pen moet ry.

Dit volg op die besoek van die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, verlede Donderdag (30 September) nadat dit verlede week aan die lig gekom het dat ’n 15-jarige meisie by die hospitaal verkrag is.

Die meisie was in die psigiatriese afdeling van die hospitaal en onder streng bewaking omdat sy glo selfdood probeer pleeg het.

Mbombo het Donderdag met die familie sowel as die bestuur van die hospitaal vergader. “Dit is hartseer dat so iets by ons instelling plaasgevind het, veral omdat ons as gesondheidswerkers ’n eed afgelê het. Dit is nie vir ons lekker om dit te sien gebeur nie. ’n Polisie- sowel as ’n interne ondersoek word gedoen oor die omstandighede van die voorval en geregtigheid sal geskied,” het sy op ’n perskonferensie gesê.

Mbombo het ook verskoning gevra dat die familie nie vroegtydig van die voorval in kennis gestel is nie.

’n Groep inwoners het Vrydagoggend voor Stellenbosch-hospitaal teen kinder- en vrouemishandeling betoog. Betogers het onderklere oor die hospitaal se heining, voor die ingang gehang en met plakkate betoog.

“Ons is moeg daarvan dat vroue en kinders mishandel word. Hierdie voorval kon verhoed word as die personeel hul werk reg gedoen het,” het die gemeenskapsaktivis Stephanie Heneke gesê.

“Dit is ons liggame, hoekom moet ons in vrees lewe? Die meisie was veronderstel om veilig te wees hier, maar sy was nie. Die verantwoordelike moet antwoord gee.”

Niemand is nog aangekeer nie.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 122/10
Scotland 5/0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 42/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.2%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.2%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.8%
Goud
1,780.25
-0.1%
Silwer
24.12
-0.8%
Palladium
1,999.53
-3.5%
Platinum
1,046.50
-0.6%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.4%
Alle aandele
66,189
-1.3%
Hulpbronne 10
61,545
-2.8%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos