.

Ouma Scheepers haal 100 lag-lag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Martha Scheepers, ’n boorling van Pniël, het vandeesweek 100 jaar oud geword.Foto: Breyten Cupido
Martha Scheepers, ’n boorling van Pniël, het vandeesweek 100 jaar oud geword.Foto: Breyten Cupido

Met ’n groot glimlag, omring met helderkleurige blomme, het Martha Scheepers, ’n boorling van Pniël, die mylpaal van 100 jaar gevier.

Scheepers het hierdie mylpaal Vrydag (8 Oktober) saam met haar familie gevier. Sy is op dié dag in 1921 gebore.

Alhoewel Scheepers self nie meer goed kan praat nie, beaam sy gereeld met die woorde wat oor haar gepraat word.

“Sy was die sesde kind van nege en is nou amptelik die oudste,” vertel haar susterskind, Thelma Lackay.

Scheepers is gebore net toe die Spaanse griep verby was en in haar lewe het sy ook die groot depressie van 1933 oorleef. Ten spyte van die Covid-19-pandemie staan Scheepers steeds sterk en gesond.

“Sy het talle eerstes in haar lewe ervaar. Sy het die eerste telefoon en motor ervaar,” vertel Lackay.

Toe die aardbewing Tulbagh in 1969 getref het, het Scheepers dit ook oorleef en sy was die eerste in die familie wat gesê het “ons moet bid” toe dit gebeur.

En hoewel sy nie kinders van haar eie het nie, is sy baie betrokke by die kinders in die familie in hul grootwordjare. Lackay sê die huis het altyd van mense gewemel. “Sy was ’n kleremaakster en die familie kon by haar aanklop vir alles tot naelbandjies. Sy is ’n vrou met ’n vaste geloof en sê altyd sy is uitgespaar omdat sy haar ouers geëer het,” sê Lackay.

Scheepers was baie aktief in haar jonger dae en het gereeld netbal, tennis en ander sportsoorte geniet.

Een van die kleinkinders in die familie, Shanae Lawrence, onthou die dae ná skool toe Ouma Scheepers vir hulle gebakte brood met hoender en slaai bedien het. Dit het alles saam met ’n glas “soet Oros” gekom – ’n klein glasie, omdat ’n paar kleinkinders daarvan moes deel.

“In die laaste jaar het haar gesondheid ’n bietjie gelol. Toe Covid ons tref, kon die familie nie meer gereeld besoek nie en sy het ’n bietjie onaktief geword.”

Dit is seker dat die geheim vir Ouma Scheepers se lang lewe ’n gesonde jeug, liefdevolle mense, aktiewe gemeenskapslewe – en om dit alles te kroon, ’n vaste geloof – is.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 1/1
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 97/6
North West 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.1%
Rand - Pond
19.99
-1.1%
Rand - Euro
16.85
-1.1%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.7%
Goud
1,783.98
+0.2%
Silwer
24.17
-0.5%
Palladium
2,019.47
-2.8%
Platinum
1,046.39
-0.3%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.4%
Alle aandele
66,189
-1.3%
Hulpbronne 10
61,545
-2.5%
Industriële 25
85,379
-0.2%
Finansiële 15
13,931
-1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos