.

Vrae oor nuwe wyk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

’n Nuwe wyk is by Stellenbosch gevoeg en politieke partye gaan nou om nie net 22 wyke meeding nie, maar om 23.

Planne hiervoor kom reeds sedert 2019 aan en openbare deelname is glo in 2020 geadverteer.

Hoeveel mense hul mening hieroor gelig het, is nie bekend nie.

Wat beteken nog ’n wyk nou eintlik vir Stellenbossers? Gaan die groter partye nog van hul boeties in die raad kry of maak dit ruimte vir die onafhanklike kandidate?

Gaan al die partye meeding om die stemme van kiesers in hierdie wyk of nie?

Die ligging van die wyk kan ook glo nie presies bepaal word nie, want dit hang af van die aantal kieserregistrasies.

Hoe gaan hierdie nuwe wyk dienslewering beïnvloed en hoe gaan dit die gemeenskapsontwikkeling raak?

Het Stellenbosch nog ’n wyk nodig? Wie verdien om die eerste raadslid in die nuwe wyk te word?

Hierdie en nog vele ander vrae is die vrae wat kiesers moet vra voor hulle die kruisies gaan maak.

En uiteindelik sal ook net die uitslae van die verkiesing regtig hierdie antwoorde bepaal, of sal dit?

Intussen is dit dalk die moeite werd om hierdie vrae oor die volgende paar weke te ondersoek.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 81/4
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 42/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.2%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.1%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.9%
Rand - Jen
0.13
-1.6%
Goud
1,781.22
-0.1%
Silwer
24.11
-0.8%
Palladium
2,004.00
-2.9%
Platinum
1,050.00
-0.3%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.3%
Alle aandele
66,189
-1.2%
Hulpbronne 10
61,545
-2.6%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos