.

Wees sterk in tye van afsondering

akkreditasie
afsondering
Louis Awerbuck

Sonder dat ons ’n keuse het, maar vir die regte redes, is almal in Suid-Afrika verplig om vanaf 27 Maart tuis te bly en hulself sosiaal vir drie weke af te sonder.

Hoewel die voordele van sosiale afsondering voorkeur geniet omdat dit so baie mense se lewe kan spaar, kan sekere van die ander gevolge van hierdie proses vir individue moeilik wees om te hanteer.

Sosiale afsondering hou een groot emosionele gevaar in: eensaamheid. Mense is sosiale wesens, en selfs die grootste introverte onder ons het die behoefte aan konneksie met ander.

Mense wat geïsoleerd is in hul wonings het die risiko om vinnig eensaam te begin voel en derhalwe meer spanning of ’n laer gemoed as gewoonlik te ervaar.

Navorsing wys dat sosiale afsondering dieselfde stresvolle uitwerking op ’n mens se liggaam kan hê as om 15 sigarette per dag te rook, oormatige alkohol te gebruik en glad nie te oefen nie. Ouer mense is geneig om die uitwerking van sosiale afsondering meer intens te ervaar, en is die groep mense met die grootste risiko vir probleme met geestesgesond­heid in hierdie tyd.

Mense kan oor die algemeen maklik vasgedruk voel (“cabin fever”), en dit kan maklik lei tot angs of paniek as ’n mens nie mooi oppas nie.

Gedurende hierdie tyd van afsondering kom ’n mens se geestesgesondheid vinnig onder druk en is een van die belangrikste prioriteite vir die hantering van hierdie ongewone stres om jou gemoedstoestand goed dop te hou.

Die meeste strategieë om in hierdie omstandighede sielkundig sterk te bly, behels óf maniere om jouself besig te hou, óf maniere om met ander in kontak te bly.

Ideaal wil ’n mens dus soveel afleiding as moontlik hê, sodat onnodige gedagtes oor “wat verkeerd is” nie herhaal nie.

Die volgende voorstelle kan help om angstigheid te beheer en jou gemoed stabiel te hou:

 * Hou by ’n skedule en struktureer jou dag. Al voel eensaamheid soms of dit nooit sal eindig nie, help dit baie om elke dag so “normaal” as moontlik te laat voel. Vaste tye vir eet en slaap is ’n goeie idee.

Doen dinge wat jou laat lekker voel, soos om ’n gunstelingfliek of -televisieprogram te kyk, tyd met jou troeteldier deur te bring of jou gunstelinggereg te maak.

Doen die dinge wat jy altyd wou, maar waarvoor jy nooit tyd gehad het nie. Jy gaan dalk vir ’n lang ruk nie weer so ’n geleentheid kry nie. Organiseer dus jou kaste of rakke of doen die opknapwerk waarby jy nooit uitkom nie.

Bly ingelig. Navorsing wys dat mense wat akkurate inligting oor gesondheid het en voorsorgmaatreëls getref het, veel meer sielkundige drakrag (“resilience”) in tye van nood wys.

* Bly aktief. ’n Mens se fisieke toestand en gemoed is aan mekaar verbind. As jy 21 dae in afsondering deurbring en geen oefening kry nie, kan dit ’n vernietigende uitwerking op jou geestestoestand hê.

Doen iets betekenisvol. As ’n mens nie net verveeld is nie, maar ook voel asof jou lewensdoel vervaag het, lê depressie moontlik vir jou om die hoek en loer. Doen dis ’n aanlyn kursus, werk doelgerig in die tuin, of leer ’n nuwe vaardigheid.

Beplan vir die toekoms. Maak lysies en doen beplanning vir jou doelwitte vir wanneer die tydperk van afsondering verby is. Beplan die sosiale geleentheid om dit te vier!

*Help ander. Dit verlig die gevoel van angs en dit voel goed.

Dit is noodsaaklik om met ander in kontak te bly. Hoewel jy nie persoonlik by familie of vriende kan wees nie, is daar talle ander maniere:

* Telefoonoproepe. Diegene wat Wi-Fi-verbindings het, kan gratis oproepe deur middel van sekere toepassings op slimfone maak.

Video-oproepe met slimfone of rekenaars.

*Teksboodskappe.

Sosiale media.

* Aanlyn gesels- en belange groepe

mental health
Foto:

Indien jy sukkel om die gevolge van sosiale afsondering te hanteer, onthou dat professionele hulp steeds ’n opsie is. Jy kan ’n aanlyn afspraak maak by ’n sielkundige, of SADAG (South African Depression and Anxiety Group) aanlyn of deur middel van hul hulplyn kontak.

Drie weke gaan vinnig verby – werk dus met ’n plan en voor jy weer sien, is dit alles verby!

Louis Awerbuck is ’n psigiater van Stellenbosch.

besig om te laai... Regstreeks
Leinster 8
Munster 12
besig om te laai... Regstreeks
Edinburgh 18
Glasgow Warriors 6
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
+0.5%
Rand - Euro
16.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.10
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos