.

100 redes vir dankbaarheid ondanks inperking

akkreditasie


So, hoe vaar jy nog met jou huiskluistyd?

Het jy dalk reeds jou leeslysie van agterstallige boeke begin afwerk, foto’s bekyk, laaie netjies gemaak, legkaarte gebou? Vrees jy dalk nou onvermydelike verveling, gewigstoename en dat iemand op jou nerwes gaan werk?

Is jou onvervangbare bederf-items soos sigarette, tafelwyn of bier vir inperkingstyd (amper) opgebruik? En nou hoor ons voorspellings dat lockdown dalk verleng kan word ...

Omdat Suid-Afrikaners sulke vindingryke mense is, stroom stories in van maniere hoe mense hul tyd verwyl. Ons hoef nie almal marathons en ystermankompetisies rondom ons huise te voltooi om trots te voel oor onsself nie. Dis goed genoeg om net jou deeltjie van daaglikse oefeninge te doen, want dit stel goedvoel-hormone vry, verbeter die bloedsomloop en dit sal jou beslis help in die dae wanneer ons weer soos voëltjies uit ons hokkies, die buitewêreld mag aandurf.

Soms is dit goed genoeg om die borduur- of handwerkprojek, wat al jarelank in jou kas wag, te voltooi. Of te leer beskuit bak. Probeer asseblief die voorneme om ‘n nuwe musiekinstrument te bemeester effens op ys plaas. Behalwe as jy bevoorreg genoeg is om ‘n klankdigkamer in jou huis te hê. Ons probeer juis om nie ons huismaats teen die mure uit te dryf nie!

Bekruip morbiede gevoelens jou? As troos moet ons beklemtoon: Dis normaal om daardie gevoelens van verlies (aan jou daaglikse buitelug-aktiwiteite) te beleef. Maar kom ons kyk terug op die geskiedenis van die Suid-Afrikaner wat reeds vele struikelblokke kon oorbrug, kom ons put energie uit die wete dat ons mensdom voorheen suksesvol kon opstaan uit oorloë, natuurrampe, siektepandemies soos die Groot Griep – en ons kon die Zuma-fase in die politiek oorleef!

Gelukkig is ons Hemelvader steeds dieselfde God wat ons deur vorige groot krisisse gehelp het – Hy kan dit weer doen. Dalk is dit juis nou die tyd om ‘n dankbaarheidsboekie aan te skaf en daagliks ‘n nuwe rede vir dankbaarwees, daar in te skryf. Dalk kan jul hele gesin spontaan hierin skryf. Want ‘n dankbare hart demp beslis negatiewe gedagtes. En dit help ‘n bietjie in die stryd teen ‘n onbedagsame buurman wat dalk klipharde musiek in die laatnagure speel.

In my dankbaarheidsboekie sê ek eerstens dankie dat my kinders en kleinkinders gekies het om die inperkingstyd by ons deur te bring. Tweedens is ek dankbaar dat die gekerfde uie wat kleinkind per ongeluk met blou verf bespat het, bedoel was vir ‘n kerriepot; dus was die gewasde, blouerige uie goed gekamoefleer.

Ek is dankbaar oor die mooie herfsdae; dat ons kan Paasfees vier; vir sosiale media wat ons in kontak met mekaar kan hou; vir lae virussyfers in die Swartland.

Hoe lyk jou dankbaarheidslysie?

*Hierdie rubriek is geskryf deur vryskutskrywer, Sarie Nell.

besig om te laai... Regstreeks
Pretoria Capitals 160/9
MI Cape Town 159/10
besig om te laai... Regstreeks
Zimbabwe 0
West Indies 112/0
besig om te laai... Regstreeks
Marumo Gallants FC 2
Sekhukhune United FC 0
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos