.

Absa laat KKNK aanlyn voortgaan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Absa bied vanjaar ’n virtuele weergawe van sy immergewilde Absa-kuierkamer as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se aanlyn fees van September af aan.

“Die KKNK het die afgelope tyd verskeie aanlyn projekte en produksies aangebied. Dit is ’n aanlyn fees waarmee ons die kunste aan almal in die gerief van hul eie huis bied – hetsy op die TV- of rekenaarskerm, op radio, op ’n slimfoon óf op jou voorstoep – die KKNK is oral,” sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.

’n Reeks virtuele praatjies, aktiverings en skakelings word gedurende die aanlyn feestydperk aangebied om steeds die kunste en moontlikhede wat aan kunstenaars beskikbaar is, ’n werklikheid te maak. “Hierdie digitale kunsteenwoordigheid maak die beeldende kunste vir ’n diverse gehoor meer toeganklik, terwyl dit visuele kunstenaars ook ’n platform bied om kwessies wat hul lewe beïnvloed, te ondersoek en kommentaar te lewer,” sê dr. Paul Bayliss, Absa se senior spesialis-kunskurator.

Die Virtuele Absa-kuierkamer gaan aspekte van Oudtshoorn naboots en deurlopend aktiwiteite bekendstel waar besoekers toegang tot ’n verskeidenheid multimedia-inhoud gaan hê. “Saamtrekke word oor die dorp heen versprei en kunsliefhebbers kan verskeie bakens en geboue verken, net soos wat hulle tydens die fees sou doen. Die platform pronk met ’n magdom unieke, interaktiewe kenmerke en alles word deur ’n webgebaseerde toepassing aangebied, wat ’n naatlose ervaring op rekenaars en selfone moontlik maak,” voeg Bayliss by.

Een van die hoogtepunte op die program is die bekroonde aanbieder Hannes van Wyk se Koffietafelgesprekke.

Van Wyk gesels met sy gaste oor, onder meer, die impak van Covid-19 op die kuns- en vermaaklikheidsbedryf, en gee ’n blik op die toekoms van dié bedryf.

’n Ander virtuele ervaring wat aangebied word, is ’n dokumentêre kunsreeks getiteld Beyond the Canvas.

Dié dokumentêre reeks fokus op temas wat ’n impak op Suid-Afrika se beeldendekunstelandskap het.

Temas wissel van tegnologie, sosiale media, toerisme en graffiti tot herwinning en kos in verhouding tot die beeldende kunste. Plaaslike en internasionale kunstenaars sluit hier aan om hul idees en ervarings te deel.

Die KKNK se tweede Virtuele Galery, wat ook deur Absa ondersteun word, het vroeër vanjaar geopen.

Bayliss tree hier as kurator van Absa se uitstalling Emotion op. Doelgemaakte kunswerke wat vorige Absa L’Atelier-deelnemers vir die digitale platform ontwerp het, word hier ten toon gestel. Stap deur die uitstallings in die Virtuele Galery by www.kknk.co.za/afdeling/virtuele-galery/.

Die Virtuele Absa-kuierkamer word oor ’n tydperk van drie maande aangebied – van September tot November 2021.. Besoek www.kknk.co.za vir nog inligting en volg die maklike registrasieproses om toegang tot die feestelikhede te verkry.

besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 4/0
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 14/1
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.3%
Rand - Euro
16.92
+0.2%
Rand - Aus dollar
10.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,778.07
+0.5%
Silwer
23.92
+1.1%
Palladium
2,098.50
-0.1%
Platinum
1,046.99
+0.3%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,160
-0.4%
Alle aandele
66,727
-0.4%
Hulpbronne 10
62,801
-1.5%
Industriële 25
85,132
+0.3%
Finansiële 15
14,131
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos