.

Covid-19 tref uitstaande skuld

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Soos talle sakeondernemings die afgelope jaar en ’n half kop bo water moes probeer hou onder die finansiële druk van die Covid-19-pandemie, moes Swartland-munisipaliteit ook sy gebeurlikheidsplan aanpas weens verliese wat gely is as gevolg van die wanbetaling van munisipale rekeninge.

Volgens munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, kon die impak van Covid-19 op huishoudings se geldsake gesien word in die aantal deernisaansoeke wat gedurende die 2020-’21 boekjaar ontvang is. Die getal het met byna 400 gestyg van 8 810 in Junie 2020 tot 9 203 in 2021 – ’n styging van 4,46% vir die 2020-’21 boekjaar, in vergelyking met die vorige boekjaar se styging van slegs 0,9%.

Scholtz sê daarby moes die munisipaliteit ook ’n groot bedrag aan oninbare skuld in die vorige boekjaar afskryf.

“Swartland-munisipaliteit beskik oor uitstekende kredietbeheermaatreëls en ons het deurlopend seker gemaak ons doen alles binne ons vermoë om uitstaande skuld in te vorder.

“Die pandemie het egter ’n aansienlike impak gehad op uitstaande skuld, en onder dié omstandighede moes die Raad moeilike besluite neem met die afskryf van skuld. Die besluite wat geneem is ten opsigte van skuld afskryf is veral geneem om ons inwoners by te staan en te help tydens die pandemie.

“Baie mense het hul werk verloor of hul inkomste is drasties verminder. In die belang van deernis en omgee het ons dus ook veral inwoners wat baie hard getref is deur die pandemie se skuld afgeskryf. Gedurende die 2020-’21 boekjaar het die munisipaliteit R14,9 miljoen as oninbaar afgeskryf,” verduidelik Scholtz. Hy meen die syfer behoort aansienlik af te neem in die huidige boekjaar met die ekonomie wat weer stelselmatig aan die verbeter is.

Ten spyte van talle ondernemings wat ’n werk-vanaf-die-huis beleid ingestel het en baie kantore wat vir ’n tyd lank leeg gestaan het, sê Scholtz was daar nie ’n noemenswaardige verskil in elektrisiteit en waterverbruik vir huishoudings of sakeondernemings nie.

“Ons syfers toon dat daar geen onverwagte dalings was nie en dat die stygings binne die verwagte jaar tot jaar norm geval het.

“Ten opsigte van die begroting was daar ’n 16% toename in elektrisiteitsverkope, maar ’n afname van 5,58% op water. Die algehele begroting is egter hard getref deur vermindering van bydraes van die provinsiale en nasionale regering.

“Daarom moes ons deurentyd baie fyn en noukeurig beplan. Daar is gefokus op die nodigste en belangrikste behoeftes van ons gemeenskap en ons het die begroting daarop toegespits.”

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,801.56
+0.5%
Silwer
24.45
+0.3%
Palladium
2,053.50
+1.3%
Platinum
1,045.04
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.4%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos