.

Jong digters verkies ‘Afrikaaps’

akkreditasie

“Ek label myself nie dit nie, ek ignore dit en gee nie aandag daaraan nie; ek sien myself nie as ’n born freenie – dit is ’n uitgedinkte term, van iemand wat nie weet wat daar buite aangaan nie.”

Só het die digter Ashwin Arendse, van Malmesbury, die gesprek “Die Born Frees van die Afrikaanse digkuns” onlangs op die Suidoosterfees in die Kunstekaap in Kaapstad betree.

Hy en die Paarliet Veronique Jephtas was in gesprek met die digter Danie Marais. Albei digters het hul buiging vanjaar gemaak – Arendse met Swatland en Jephtas met Soe rond ommie bos.

Jephtas sê op haar beurt sy weet nie hoekom sy ’n born free genoem word nie. “Ek as skrywer voel nie vry in die

spaces waar ek beweeg nie; ek question dit (die term). Ek het nie ’n antwoord nie.”

Dit is danksy die bundel Chokers en survivors (2013) van Nathan Trantraal dat hy begin dig het.

“Dit was die eerste keer dat ek ’n boek kon oopmaak en myself sien in die boek. ’n Boek is ’n big deal, ’n bra wat net soos jy lyk, soos jy sound; hy verstaan jou. Dit beteken baie vir ’n laaitie soos ek om so iets raak te lees,” sê Arendse.

Trantraal het hom gementor nog voordat hy hom ontmoet het. “Die taal is op ’n goeie plek, ek het my masters in creative writing in Kaaps gedoen. Kyk net wat vandag exist (in die taal), ek sal altyd erkenning gee aan Ryan (Pedro), Veronique, Nathan.”

Hy lees nie ou Afrikaanse letterkunde of poësie nie. Chokers en survivors is die eerste boek wat hy klaar gelees het, vervolg Arendse op ’n vraag of hy die Groot Verseboek lees.

“Baie van dit is problematies, ek weet nie watter value ek daaruit gaan kry nie. Wit skrywers in Afrikaans skryf problematiese goed; ek verwyder my van dit.

“Iemand anders se geskiedenis is daarin opgesluit, ek kan nie daar iets lees wat my in­spire nie. Die vriendelike ek is die censured ek, is my antwoord as mense my dan vra hoekom ek kwaad of onbeskof is. Ek sal ou Engelse letterkunde lees voor ek Afrikaans lees.”

Hy meen hy het nie nodig om die Groot Verseboek of Pret met poësie te lees nie. “My writing is die exact opposite van dit, dit is nie my pad om soontoe te gaan nie tensy jy problematic poetry wil skryf.”

Sy vind aanklank by wat Arendse sê, sê Jephtas.

“Ek gaan nie iets lees waarmee ek nie relate nie. Ek relate met Lynthia (Julius), Nathan en Ronelda (Kamfer). Ek skryf egter nie vir die volgende bruin digter nie. Ek wil nie skryf as ek dit nie in Afrikaaps kan doen nie, dit moet set in my voice wees, hoe ek dit wil sê.”

Arendse meen skryf word geromantiseer en dat jong skrywers nie voorgangers het nie. “Mense dink dit gebeur in ’n kamer met sagte musiek, daar is set ideas soos ’n moerse boekrak in die huis. Ek skryf poetry op die toilet, hierdie product (bundel) is nie wat ek gaan soek het in die literature van 20 of 30 jaar gelede nie. Wat hier staan, is nou. Ek disregard die influence van idees en ideologieë wat te oud is. Ek romanticise nie writing nie, ek hou dit vir die nou.”

Op die vraag of digkuns ’n hoër doel het, antwoord Jeph- tas: “Daar is waarheid in die skryf van poësie. Ek doen resistance poetry, ons march, tog verander niks. Ek skel in my boek.”

Hy “traai hard om nie te skel nie”, sê Arendse. “Ek skryf vir niemand anders as myself nie. Ek sukkel om op een ding te focus, ek sukkel om te onthou, om ’n gevoel of ’n memory te onthou. Dit is important om dit neer te pen. Ek onthou deur my poetry, dit is selde ’n outlet. Ek gee nie om of iemand dit lees nie, ek het satisfaction voor iemand daaraan geraak het. Ek skryf vir myself, ek skryf om lekker te kan slaap in die nag.”

Albei het in Stellenbosch gestudeer en beskryf dit as ’n onaangename ervaring in hul digkuns. Albei skryf van ervaring van rassisme.

“Ek skryf vir myself, dit is my manier om peace te maak met Stellenbosch. Daar is niks wat ek kan of wil doen nie. Ek haat dit om daar te wees, dit is nie goed vir my nie. Hul (gedrag) is die rede daarvoor; as hulle oukei is daarmee, sê dit baie,” sê Arendse.

Jephtas sê sy is moeg vir praat. “Ek kan nie vir jou sê wat wit mense moet doen nie, dalk oor ’n dekade kan ek vra watter oplossing het jy toe gekry.”

Hoewel Arendse ’n dramagraad aan die US gevolg het, gaan hy nie ’n loopbaan as akteur volg nie.

“Drama en poësie is twee verskillende goed vir my. Die universiteit was vir my ’n horrible ervaring. Hulle het vir my content gegee, maar ek gaan nie daaroor skryf nie. Daar is nie ’n swart of ’n bruin lektor in die departement nie. My vraag is wat wil hulle my dan leer?”

Hy het vervolg dat hy nie as “ ’n gangster of ’n ou van die platteland ge-cast wil word nie”.

Sy voel blessed dat sy kan skryf, sê Jephtas, en nie net uit toneelspel ’n lewe hoef te maak nie. “Ek gaan probeer om truthful te bly in dit waarin ek glo, ek makeer ook geld, maar dit beteken nie dat jy kan maak met my wat jy wil nie.”

. Die gesprek was deel van die Jakes Gerwel-gespreksreeks wat elke jaar op die Suidoosterfees aangebied word. Dit word deur Theo Kemp saamgestel.

Arendse het verlede jaar sy meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan die Rhodes-Universiteit behaal met Trantraal as studieleier.

. Die talentvolle Arendse is in Malmesbury gebore en getoë. Hy is ’n oudleerder van Schoonspruit Sekondêr.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.68
+0.4%
Rand - Pond
20.18
+0.1%
Rand - Euro
17.06
+0.1%
Rand - Aus dollar
10.89
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,774.61
+0.6%
Silwer
23.48
+1.4%
Palladium
2,034.50
+0.6%
Platinum
1,049.58
+1.1%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,221
0.0%
Alle aandele
66,792
0.0%
Hulpbronne 10
63,626
0.0%
Industriële 25
84,496
0.0%
Finansiële 15
14,073
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos