.

Kairos wys NG-pad

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Die Kairos-netwerk hou Saterdag 23 Oktober ’n streekskonferensie by die NG-gemeente Strand van 08:30 tot 15:00.

Luidens ’n verklaring uitgereik deur die netwerk, is hy op die been gebring ná “alle kerkregtelike prosedures gevolg is om die onbybelse skrifhantering en besluite van die NG Kerk se Algemene Sinode aan te spreek, maar onsuksesvol was. Dit het, onder andere, honderde beswaarskrifte ingesluit wat blatant deur die Algemene Sinode geïgnoreer is.”

Die Kairos-netwerk bestaan uit NG-gemeentes en gemeentelede wat hulself nie meer met die besluite en optrede van die Algemene Sinode kan vereenselwig nie.

’n Lys van hierdie gemeentes wat doleer is by www.kairosnetwerk.net/lys beskikbaar.

“Die Kairos-netwerkbestuur ondersteun hierdie behoudende gemeentes en gemeentelede deur hulle met raad te bedien, onderlinge gesprek te fasiliteer en om ’n netwerk daar te stel waar behoudende Christene in eenheid die gemeenskap van gelowiges rakende die Waarheid van die Woord kan beleef,” lui die verklaring. “Hierdie dolerende gemeentes het spontaan streekskonferensies oor die land heen begin reël. Die eerste twee was by die Moreletapark- en Bethal- gemeentes.”

Die volgende drie konferensies vind in die Oos-Kaap (15 Oktober), Wes-Kaap (23 Oktober) en die Noord-Vrystaat (28 Oktober) plaas.

“Dit is vir alle behoudende NG-lidmate en gewese NG-lidmate wat hulself vereenselwig met die tema ‘Terug na die Waarheid van die Woord’.”

. Stuur alle navrae oor die konferensies, of om finansiële hulp aan die netwerk te verleen, per e-pos na info@kairosnetwerk.net of WhatsApp by 082 237 7793. Nog inligting is aanlyn by kairosnetwerk.net beskikbaar.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 13/1
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 97/6
North West 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.1%
Rand - Pond
19.99
-1.1%
Rand - Euro
16.85
-1.1%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.7%
Goud
1,783.98
+0.2%
Silwer
24.17
-0.5%
Palladium
2,019.47
-2.8%
Platinum
1,046.39
-0.3%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.4%
Alle aandele
66,189
-1.3%
Hulpbronne 10
61,545
-2.5%
Industriële 25
85,379
-0.2%
Finansiële 15
13,931
-1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos