.

Munisipaliteit stel feite reg oor elektrisiteitslewering

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Volgens die Swartland-munisipaliteit bestaan daar verskeie wanpersepsies oor die munisipaliteit se elektrisiteitspryse. Die munisipaliteit sê daar is veral oor die afgelope tyd op sosiale media valse bewerings en aantygings gemaak rondom hierdie kwessie.

Hieronder word algemene mites en wanpersepsies bespreek ten opsigte van hul elektrisiteitstariewe:

Alle Swartland inwoners koop krag by die munisipaliteit

Soos regoor Suid-Afrika is daar sekere elektrisiteitsverbruikers wat munisipale kliënte is en ander wat Eskom-kliënte is. Nersa (Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika), wat ingestel is deur die departement van minerale hulpbronne en energie, bepaal die voorsieningsgebiede en tariewe vir munisipaliteite en Eskom. Wanneer jy ’n munisipale kliënt is, maak jy gebruik van infrastruktuur wat deur die munisipaliteit voorsien en onderhou word.

Eskom-kliënte gebruik infrastruktuur wat aan Eskom behoort.

Inwoners is soms onseker oor wie verantwoordelik is vir die herstel van elektriese foute – Eskom of die munisipaliteit? Die onderstaande tabel wys watter van Swartland se dorpe word deur Eskom voorsien en watter word deur Swartland-munisipaliteit voorsien. Klagtes aangaande elektrisiteitsvoorsiening moet by die betrokke voorsieningsowerheid aangemeld word. As jy dus ’n Eskom-kliënt is, moet die fout by Eskom aangemeld word en as jy ’n munisipale kliënt is, by die munisipaliteit.

Elektrisiteit is goedkoper sekere tye van die dag / week / maand

Een van die mees algemene wanpersepsies is dat elektrisiteit sekere tye van die dag, week of maand goedkoper is. Dit is nie waar nie. Ons tariewe werk op ’n glyskaal en afhangend van hoeveel eenhede jy per maand koop, kan daar ’n verskil in prys per eenheid wees. Aankope later in dieselfde maand kan dus oorgaan na die volgende blok van die tariefstruktuur waar die prys per eenheid hoër is. As munisipaliteit word ons deur Nersa verplig om die bloktarief-struktuur te gebruik.

Hulpbehoewende inwoners wat kwalifiseer en geregistreer is vir deernisbystand, ontvang maandeliks 50 eenhede elektrisiteit gratis.

Geregistreerde deernisgevalle se elektrisiteitstariewe word ook verder gesubsidieer en hulle betaal minder as die normale tariewe.

Die tariewe vir konvensionele metergebruikers en voorafbetaalde kliënte verskil ook. Anders as in baie ander munisipaliteite, hef Swartland-munisipaliteit nie ’n maandelikse vaste basiese fooi op voorafbetaalde elektrisiteit nie en trek inwoners wat elektrisiteit spaarsamig gebruik verdere voordeel hieruit. Nie-gesubsidieerde verbruikers kan ook aansoek doen om oor te skakel na ’n konvensionele meter of voorafbetaalde elektrisiteit, indien hulle een bo die ander sou verkies.

Swartland-munisipaliteit se elektrisiteit is duurder as omliggende munisipaliteite en hulle maak ’n wins uit die verkope

Dit is ’n mite dat Swartland-munisipaliteit se elektrisiteit duurder is as dié van omliggende munisipaliteite. ’n Vergelyking van huishoudelike tariewe, waarby die basiese tariewe ingereken is, tussen Swartland-munisipaliteit en vier ander munisipaliteite in die Wes-Kaap, wys dat Swartland se tariewe tussen 2,9% en 25,8% goedkoper is. Ons basiese heffings, asook tariewe, is van die mees bekostigbare tariewe in die streek.

Ons maak nie wins ten koste van ons inwoners nie. Riglyne vir elektrisiteitstariewe word deur Nersa bepaal en ons voorgestelde tariewe moet ook deur Nersa goedgekeur word. As munisipaliteit probeer ons soveel as moontlik die verhogings wat Nersa en Eskom deurgee te absorbeer, maar ons moet ook voorsiening maak vir die uitgawes om ons eie infrastruktuur te onderhou. Omdat ons toegespits is op die instandhouding van ons elektriese netwerke gaan ons dorpe ook nie gebuk onder onnodige kragonderbrekings as gevolg van verouderde netwerke nie.

Elektrisiteit is goedkoper by sekere kooppunte of in sekere dorpe

Dit is nie waar dat elektrisiteit by sekere kooppunte minder kos as by ander nie.

Die munisipale tariewe is standaard en dieselfde vir alle dorpe waar die munisipaliteit die voorsieningsowerheid is. Tariefpryse verskil egter wel tussen Eskom-kliënte en munisipale kliënte.

Verskillende tariewe word ook volgens Nersa se voorskrifte aangebied vir huishoudelike en industriële verbruikers. Huishoudelike verbruikers word voorskriftelik opgedeel in hulpbehoewende verbruikers (Tarief 7), koopkragverbruikers (Tarief 12) en gemeterde/rekening verbruikers (Tarief 1).

Tarief 1 maak voorsiening vir verbruikers wat beskik oor ’n konvensionele meter wat gelees word en maandeliks ’n rekening vir elektrisiteitsverbruik ontvang.

’n Vaste fooi of “basic charge” is ook van toepassing.

Tarief 12 is vir koopkrag-kliënte wat nie kwalifiseer vir deernissubsidie nie. Koopkrag-kliënte betaal nie ’n basiese maandelikse fooi nie, anders as in sommige buurmunisipaliteite, waar alle munisipale kliënte ’n maandelikse vaste fooi moet betaal.

Tarief 5 is ook beskikbaar vir lae verbruikers waarvan die aansluiting beperk word tot 20 Amp.

Al ons elektrisiteitstariewe is deur Nersa goedgekeur en is op ons webblad beskikbaar in die tarieweboek wat jaarliks aan die begin van die finansiële jaar opgedateer word.

Eenhede raak vinniger op as in die verlede

Dikwels sien ons klagtes van inwoners wat sê hulle krag raak vinniger op as in die verlede; hulle beweer eenhede hou nie meer so lank nie.

Hoe vinnig of hoe stadig krag gebruik word, hang af van die getal toestelle wat terselfdertyd gebruik word asook watter tipe toestelle dit is. Ketels, strykysters, stowe en warmwatersilinders gebruik meer elektrisiteit per uur as byvoorbeeld ligte en televisies. Hoe meer toestelle gebruik word en onnodig aanbly, hoe meer krag word gebruik.

Hier is ’n aantal wenke wat inwoners kan volg om krag te bespaar:

. Moenie rekenaars, televisies en ander toestelle op bystand los nie, skakel dit af by die muurprop.

. Skakel ligte af in leë vertrekke.

. Moenie die warmwatersilinder (geyser) deur die dag aan los nie, veral nie as daar niemand by die huis is nie. Insulasie help ook dat water langer warm bly en verminder elektrisiteitsverbruik.

. Moenie elektroniese toestelle langer laat laai as wat nodig is nie. Ontkoppel selfone, tablette en skootrekenaars wanneer dit klaar gelaai is. Dit mors net elektrisiteit om dit aan die laaier te los en dit is ook nadelig vir die toestel se battery.

. Kook net die nodige hoeveelheid water. As jy net ’n koppie kookwater benodig, moenie die hele ketel vol maak en kook nie.

Elke munisipaliteit is uniek en daar is verskeie faktore wat deur elkeen in ag geneem word wanneer tariewe vasgestel word. Ons besef dat die meeste inwoners die afgelope tydperk finansieel baie swaarkry as gevolg van die Covid-19 pandemie. As munisipaliteit probeer ons om so volhoubaar moontlik te wees met die vasstel van ons tariewe. Ongelukkig word elektrisiteitspryse deur Eskom en Nersa bepaal en het ons nie ’n ander keuse as om aan die riglyne te voldoen nie.

Ons ondersteun ook inwoners wat hulle eie elektrisiteit opwek en ons huishoudelike tariewe maak voorsiening hiervoor.

Ons wil inwoners graag aanmoedig om nie verkeerde inligting met opset te deel of om vergelykings te tref met ander munisipaliteite nie. Die inligting wat versprei word, word dikwels sonder konteks of agtergrond gedeel en die enigste doel is om onmin te skep binne gemeenskappe en tussen inwoners.

Indien inwoners enige navrae het kan hulle die munisipaliteit kontak via e-pos by swartlandmun@swartland.org.za of via telefoon by 022 487 9400.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,799.52
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,055.00
+1.6%
Platinum
1,042.50
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos