.

Oukloof herleef in Riebeek-kasteel

akkreditasie

Sondag 14 Januarie het voormalige inwoners van die Oukloof-gemeenskap in Riebeek-Kasteel ’n vergadering gehou om die Oukloof-erfenisprojek van stapel te stuur.

Dié projek beoog om die geskiedenis van die Oukloof-gemeenskap te dokumenteer – waar 57 bruin huishoudings in 1965 volgens die Groepsgebiedewet uit Riebeek-Kasteel verwyder is.

Die 57 gesinne is na die nuutgeboude dorp aan die buitewyke van Riebeek-Kasteel geskuif wat nou as Esterhof bekendstaan. Hul huise, tesame met die Nederduits Gereformeerde Sendingkerk, is daarna gesloop om vir die groeiende wit gemeenskap plek te maak. Vandag is daar geen bewyse in Riebeek-Kasteel dat die Oukloof-gemeenskap ooit op die dorp bestaan het nie.

Met die vergadering het ’n klein groepie voormalige Oukloof-inwoners emosionele stories van hul lewe in Oukloof en die hartseer wat gevolg het toe hulle uit hul huise verwyder is, gedeel.

“Ons was nie ryk nie, maar ons was bly en gelukkig om in Oukloof te woon. Ons kon ons eie brood bak, ons eie groente plant en diere in die tuin aanhou. Toe moes ons na Esterhof gaan en dit alles is van ons af weggeneem,” vertel Maria Appollis.

Daar is geen amptelike rekord van die Oukloof-gemeenskap se geskiedenis nie. Tesame met ’n taakspan is die doel van die Oukloof-erfenisprojek om inligting van voormalige inwoners van Oukloof en die 1965-gedwonge verskuiwings wat plaasgevind het te versamel, op te teken en te dokumenteer. Dit is ook daarop gemik om te kyk na die impak wat die uitsettings en verhuising na Esterhof op hul lewe gehad het. “Een van die uitslae van die uitsetting en die daaropvolgende voorgee dat dit nooit plaasgevind het nie, is dat rasseverhoudings in die dorp baie bitter is. ’n Kerndoel van die proses is om hierdie verhoudings te verbeter,” sê Roger Roman, een van die taaklede wat by die Oukloof-erfenisprojek betrokke is.

Planne word ook beraam vir ’n boek, ’n webwerf en ’n gedenkteken oor Oukloof.

besig om te laai... Regstreeks
Knights 19/0
Western Province 0
besig om te laai... Regstreeks
Papua New Guinea 74/6
Scotland 165/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.57
+0.7%
Rand - Pond
20.08
+0.0%
Rand - Euro
16.98
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,782.34
+1.0%
Silwer
23.91
+3.2%
Palladium
2,077.50
+2.5%
Platinum
1,056.00
+1.6%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.6%
Alle aandele
66,912
+0.6%
Hulpbronne 10
64,002
+0.8%
Industriële 25
84,631
+0.9%
Finansiële 15
13,990
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos