.

Resepte bied pure pere-plesier!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Veelsydig en in seisoen. Hierdie watertandlekker-resepte wys hoe om pere ten volle te benut.

Hoender gestop met pere en feta

  • Bestanddele:

• sap van 1 suurlemoen

• ’n handvol koljanderblare, gekap

• sout en vars gemaalde peper

– Hoender

• 1 knoffelhuisie, fyngedruk

• 1 wiel fetakaas, gekrummel

• romerige kapokaar-tappel

• ’n knippie varsgemaalde peper

– Vulsel

• 5 ml (1 t) droë tiemie

• 6 hoenderbors-filette, oopgevlek

• 15 ml (1 e) botter

• 2 stingeluie, gekap

• 30 ml (2 e) olyfolie

– Vir voorsit

• 2 klein pere, ontkern, geskil en in klein blokkies gesny

• fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

  • Metode:

1. Voorverhit die oond tot 200 ºC. Hou ’n bakplaat en kombuistou of happiestokkies byderhand.

2. Vulsel: Meng al die bestanddele goed.

3. Hoender: Bedek die hoender met kleefplastiek en kap effens platter met die palm van jou hand – jy kan ook ’n vleishammer of koekroller gebruik, indien verkies.

4. Haal die plastiek af. Skep die vulsel in die middel van elke hoenderborsie. Rol die hoenderborsies elk in ’n silinder op en bind vas met kombuistou of steek van met stokkies.

5. Geur die rolletjies oraloor met die sout, peper en tiemie en drup die suurlemoen oor.

6. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die hoender-rolletjies tot goudbruin. Voeg die botter by en braai vir nog ’n minuut.

7. Pak die rolletjies op ’n bakplaat en rooster nog 10 minute of tot deurgaar in die oond.

8. Vir voorsit: Haal die kombuistou van die hoender-rolletjies af of trek die happiestokkies uit.

9. Sny in stukke en sit voor bo-op die kapokaartappel.

Marokkaanse kebabs met peerblatjang

  • Bestanddele:

• 5 ml (1 t) brandrissievlokkies, paprika en fyn koljander

• mikrokruie of gemengde blaarslaai

• 2 uie, in skyfies gesny

• 2 heel naeltjies

– Kebabs

• 6 hoenderbors-filette, in blokke gesny

– Peer-blatjang

• 6 pere, geskil en in blokkies gesny

• sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

• 60 ml (¼ k) rooiwynasyn

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• 60 ml (¼ k) ligbruinsuiker

– Afronding

• sout en varsgemaalde peper

• 15 ml (1 e) geroosterde komynsaadjies

• 15 ml (1 e) olyfolie

• ’n knippie sout

• 2 rooi- of bruin-uie, in kwarte gesny en die lobbe van mekaar afgebreek

• 5 ml (1 t) komynsaadjies

  • Metode:

1. Hou 6 kebabstokkies byderhand.

2. Kebabs: Ryg die hoender om die beurt met die uie aan die kebabstokkies.

3. Geur die kebabs met sout en peper.

4. Meng die suurlemoenskil en -sap en speserye goed en sprinkel oraloor die kebabs.

5. Drup die olie oor die kebabs en hou eenkant.

6. Peerblatjang: Verhit die olie in ’n diep pan en roerbraai die uie tot sag. 7. Voeg die knoffel en pere by en roerbraai nog ’n minuut.

8. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Laat 10 minute oor lae hitte prut. Skep uit en laat eenkant afkoel.

9. Afronding: Verhit ’n groot pan tot warm en braai die kebabs in sarsies tot goudbruin en gaar – jy kan die kebabs ook oor die kole braai.

10. Sprinkel die kruie of blaarslaai oor en sit voor saam met die blatjang.

Karamelpeertert

  • Bestanddele:

• 1 kaneelstok

– Afronding

• 1 eier, geklits

• 10 tot 15 ml (2 tot 3 t) yswater

– Vulsel

• 15 ml (1 t) suurlemoensap

• 125 ml (½ k) rooibostee

• geklopte room of vanieljeroomys

• 15 ml (1 t) botter

• 60 ml (¼ k) ligbruinsuiker

• sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

• 30 ml (2 e) strooisuiker

• 250 g koue botter, in blokkies gesny

– Deeg

• 2,5 ml (½ t) sout

• 750 ml (3 k) meel

• 1 kg pere, geskil en blokkies gesny

• 60 ml (¼ k) ligbruinsuiker

  • Metode:

1. Voorverhit die oond tot 200 ºC. Voer die bodem van ’n 20 cm-koekpan met bakpapier ui en bespuit goed met kossproei.

2. Deeg: Plaas die meel, sout en suiker in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot gemeng. Voeg die botter by en pols tot die mengsel soos broodkrummels lyk.

3. Giet die suurlemoensap by en pols tot die deeg om die lem begin vaskleef – giet ’n klein bietjie yswater by as die deeg steeds te droog is. Keer die deeg uit en verdeel in drie gelyke dele en rol elk in ’n bal. Bedek met kleefplastiek en 15 minute rus.

4. Rol ’n derde van die deeg tot ongeveer 3 mm-dik op ’n meelbestrooide oppervlak uit en voer die bodem van ’n pan daarmee uit. Rol nog ’n derde van die deeg op dieselfde manier uit en voer die kante van die koekpan daarmee uit. Prik die bodem met ’n vurk en verkoel tot nodig.

4. Vulsel: Plaas al die bestanddele in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Roer aanhoudend tot die suiker opgelos is. Laat vyf minute oor matige hitte prut en haal die kaneelstok uit.

5. Afronding: Skep die vulsel in die koekpan en stip met die botter. Rol die res van die deeg uit en bedek die vulsel soos verkies.

6. Verf die deeg met die eier en sprinkel die strooisuiker oor. Bak vir 25 tot 30 minute of tot die deeg goudbruin en gaar is. Laat afkoel, ontvorm en sit voor met geklopte room of vanieljeroomys.

– B ron: Netwerk24/Huisgenoot

besig om te laai... Regstreeks
Oman 122/10
Scotland 0/0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 42/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.1%
Rand - Pond
19.99
-1.0%
Rand - Euro
16.85
-1.1%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.6%
Goud
1,781.12
-0.1%
Silwer
24.15
-0.6%
Palladium
1,995.50
-3.7%
Platinum
1,046.00
-0.4%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.4%
Alle aandele
66,189
-1.3%
Hulpbronne 10
61,545
-2.8%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos