.
Deel

Toppresteerder wil dokter word

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die topmatrikulant van die Hoërskool Swartland, Nina Janse van Rensburg (links), saam met Suzanne Smal gesamentlik tweede op die ranglys. Foto: Charlotte Lesch
Die topmatrikulant van die Hoërskool Swartland, Nina Janse van Rensburg (links), saam met Suzanne Smal gesamentlik tweede op die ranglys. Foto: Charlotte Lesch

Die topmatrikulant van die Hoërskool Swartland het glad nie verwag dat sy Vrydag (20 Januarie) heel bo op die ranglys van die beste presterende matrikulante van dié skool sou beland nie.

Nina Janse van Rensburg spog met ’n allemintige gemiddeld van 92,7% en altesaam agt A’s in die sakkie. Janse van Rensburg erken dat sy nie so lekker aan verlede jaar se nasionale seniorsertifikaat se eindeksamen geskryf het nie, maar sê sy het wel baie hard geleer. Haar boodskap aan vanjaar se matrikulante is om die jaar te geniet, maar te onthou om hard te leer. “Dit is jou laaste jaar. Dit is jou toekoms, so sit die moeite in,” moedig sy aan. Janse van Rensburg se droom sedert sy jonk was, was om eendag ’n dokter te word. “Dit was nog altyd my eerste opsie. Ek het vir al my laerskool-projekte soos ’n dokter aangetrek,” vertel sy opgewonde. En hoewel haar droom op hierdie tydstip onwerklik voel, skop sy binnekort met haar MBChB-graad by die Universiteit Stellenbosch af.

Suzanne Smal spog op haar beurt met ’n gemiddeld van 89,3% en altesaam sewe A’s. Sy deel die tweede plek met Lelethu Sodlulashe, wat ook 89,3% en 7 A’s losgeskryf het, maar nie met die matriekuitslae-bekendmaking teenwoordig was nie. Smal was dit eens dat sy ook nie verwag het om so goed in verlede jaar se eindeksamen te presteer nie, en sê sy het ’n moeilike matriekjaar gehad. Haar raad aan vanjaar se matrieks is om georganiseerd te wees en op Jesus Christus te vertrou. “Hy is jou wilskrag,” sê sy met sekerheid nadat sy die goeie punte behaal het waarop sy trots is. Smal gaan vanjaar haar graad in Biowiskunde aan die Universiteit Stellenbosch aanpak om daarna haar onderwysgraad na te streef sodat sy uiteindelik biologie en wiskunde kan onderrig.

Thomas Theron, wat ’n gemiddeld van 88,1% en 7 A’s behaal het, was in Skotland toe sy en sy klasmaats se uitslae bekend gemaak is. Sy ouers het die geleentheid namens hom bygewoon.

’n Verdere agt oudleerders se name is by die geleentheid uitgeroep as deel van die top-11-A-kandidate. Hulle het die eindeksamen saam met 148 HSS-leerders afgelê en voltooi.

HSS het ’n 99,3%-slaagsyfer, en pronk met 13 A-gemiddeldes en een A+-gemiddeld. Die persentasie leerders met Baccalaureus-toelating is 88,5 %, wat volgens die skoolhoof, Justus Schoonraad, bokant die mikpunt was.

Diplomatoekennings was 11,5 %.

Schoonraad het die 2022-matrieks gelukgewens met hul prestasies en sterkte vir die toekoms toegewens.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
17.80
-0.0%
Rand - Pond
21.95
+0.6%
Rand - Euro
19.29
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
991.29
+1.1%
Palladium
1,465.87
-0.8%
Goud
1,969.32
-0.6%
Silwer
24.07
+0.7%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos