.

Vakansieprogram leer kinders oor veilige leefstyl

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Hier is die groep kinders wat aan die vakansieprogram deelgeneem het.
Hier is die groep kinders wat aan die vakansieprogram deelgeneem het.

Die Moorreesburg-polisie in samewerking met die Swartland- en Weskus-distrik-munisipaliteite asook die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het in die Oktober-skoolvakansie ’n vakansieprogram gehou om kinders in die gemeenskap besig te hou.

Die vakansieprogram is van Maandag 4 tot Vrydag 8 Oktober aangebied met rolspelers soos die Swartland-brandweer, die wetstoepassing-K9-honde-eenheid en die departement van korrektiewe dienste wat inligtingsessies en demonstrasies gedoen het.

Verskeie onderwerpe is bespreek, soos openbare opvoeding met betrekking tot gemeenskapsveiligheid, gebruik van verbode middels, eiendom- en kontakmisdaad, rolspel, die lewe in die tronk en lewenskeuses en veiligheidswenke vir wanneer ’n brand in ’n huis of gebou uitbreek. Die Sport-teen-misdaad-program en ’n skoonmaakaksie was ook deel van die program.

Sers. Nicolette Visagie, ’n woordvoerder van die Moorreesburg-polisie, het al die rolspelers bedank vir hul deelname en bydra tot die vakansieprogram en om kinders te leer om veilig te wees, om nee te sê vir misdaad en verbode middels, om die regte keuses te maak en nie in die tronk te eindig nie.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.26
+0.5%
Silwer
24.45
+0.5%
Palladium
2,053.50
+1.3%
Platinum
1,044.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos