.

Akira kry snuf in neus oor perlemoensmokkelaars

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die polisie het op duisende eenhede perlemoen van meer as R20 miljoen beslag gelê.
Die polisie het op duisende eenhede perlemoen van meer as R20 miljoen beslag gelê.

’n Snuffelhond van die Overberg-honde-eenheid het ’n deurslaggewende rol gespeel toe die Valke verlede week nege buitelandse burgers in hegtenis geneem en op perlemoen met ’n geraamde waarde van meer as R20 miljoen beslag gelê het.

Zinzi Hani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoeke (die Valke), sê ’n span van die Valke, wat georganiseerde misdaad ondersoek, tesame met beamptes van die departement van landbou, bosbou en seevisserye (Deff) se spesiale ondersoekeenheid en die misdaadintelligensie-eenheid het op drie persele in die Kaapse metropool toegeslaan. Akira, ’n beskermde spesie-snuffelhond wat by die Overberg-K9-eenheid in Hermanus gestasioneer is, en sy hanteerder was deel van die suksesvolle operasie.

By die eerste perseel in Welgemoed, Bellville is twee Chinese en twee Zimbabwiërs – tussen 24 en 27 jaar oud – weens die onwettige bedryf van ’n perlemoenverwerkingsaanleg in hegtenis geneem. Die polisie het by dié perseel op gedroogde perlemoen ter waarde van ongeveer R6,5 miljoen en droogtoerusting beslag gelê.

“Die span het ook in Stikland, Bellville, toegeslaan en op nog perlemoen en toerusting wat gebruik is om die perlemoen te droog – alles ter waarde van meer as R13 miljoen – beslag gelê,” het Hani gesê.

Twee verdagtes, onderskeidelik 23 en 30 van Kenia en Somalië, is in hegtenis geneem.

Die span het ook by ’n perseel in Parow toegeslaan, waar hulle nog ’n onwettige perlemoenverwerkingsaanleg oopgevlek het. Twee Chinese burgers en ’n Zimbabwiër tussen 25 en 26 jaar oud is by dié perseel in hegtenis geneem en die polisie het op nog perlemoen beslag gelê.

Brian Kiplagat Kemboi (30), Mohammed Ebrahim Abdul (23), Chaoyuan He (26), Jie Jun Liang (24), William Richard Muneetsi (27), Tonawanda Bassier (24), Wu Jieyong (25), Ren Keng (26) en Justice Jairos Moyo (26) het Donderdag 14 Oktober in die Bellville-landdroshof verskyn.

“Al drie sake is tot 20 Oktober uitgestel vir borgtoginligting en die beskuldigdes word steeds aangehou,” het Hani gesê.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 123/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos