.

Blydskap toe mikropadda ontdek is

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die bedreigde mikropadda.
Die bedreigde mikropadda.

Wetenskaplikes is opgewonde nadat hulle ’n nuwe sub-spesie van die baie bedreigde mikropadda (Microbatrachella capensis) in die Nuwejaars-vleiland ontdek het.

Die mikropadda is piepklein - as hy volgroeid is, is hy omtrent so groot soos ’n duimnael. Daar was voorheen net vier subspesies hiervan en dié het tussen die Kaapse Vlakte en die mees suidelike punt van Afrika voorgekom.

Wetenskaplikes sê die totale gebied oor die wêreld waar dié amfibiese spesies gevind word, beslaan slegs 7km².

Die mikro-padda is bedreig omdat hulle habitat in gevaar is deurdat verstedeliking plaasvind.

Ander probleme wat dié paddatjies se bestaan kan belemmer, is landboubedrywighede en indringerplante.

Dié ontdekking van die voorheen-onbekende subspesie beteken dat daar nou vyf subspesies van die bedreigde mikropadda is.

Wetenskaplikes vermoed dat die Agulhas-plein ’n vesting vir die spesies is aangesien nog ’n subspesie in die naburige Agulhas Nasionale Park ontdek is.

Angus Olivier, ’n student van die Universiteit Stellenbosch, wat saam met die omgewingsbewaringspan by die Nuwejaars-vleiland werk, het dié groep van ongeveer 30 individuele mikropaddas ontdek.

Hy sê: “Die ontdekking was heeltemal onverwags. Ons was eintlik op soek na die Kaapse platanna toe ons die mirkopadda ontdek het.”

NWSMA-projekbestuurder, Ross Kettles, sê daar was ook verskeie ander vondse in die vleilande en rivierstelsels in die omgewing.

“Terwyl ons onlangs besig was met monitoring,” vertel hy, “het ons ook op verskillende Kaapse platannas (Xenopus gilli) afgekom. Die Kaapse platanna is bedreig aangesien dit in slegs vier plekke in die wêreld gevind word en dié spesie is uiters sensitief vir verandering van habitat.”

Dit was dié eerste keer dat die Kaapse platanna op die Agulhas-plein gevind is. 

Die NWSMA is ’n inisiatief wat gedryf word deur plaaslike boere en die gemeenskap van Elim naby die suidelikste punt van Afrika in ’n gebied wat oor 47 000 hektaar strek.

Grondeienaars het byeengekom om die Nuwejaars-vleilandstelsel en die bedreigde fynbospopulasie en wilde lewe in die gebied te beskerm.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut bestempel die Nuwejaars-vleiland as hoogs onvervangbaar.

Die gebied word tans gerehabiliteer as deel van ’n projek wat gefinansier word deur die WWF Suid-Afrika en die Overberg-distriksmunisipaliteit. Navorsing en monitoring word gefinansier deur die Hans Hoheisen Charitable Trust.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.06
-0.0%
Rand - Pond
20.68
-0.1%
Rand - Euro
17.47
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.30
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,800.26
+0.2%
Silwer
24.07
+0.0%
Palladium
1,981.00
+0.8%
Platinum
1,018.00
+0.6%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
0.0%
Alle aandele
67,475
0.0%
Hulpbronne 10
63,082
0.0%
Industriële 25
87,253
0.0%
Finansiële 15
14,054
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos