.

Burgemeester maak planne bekend

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Annelie Rabie.
Dr. Annelie Rabie.

Die nuwe raad van die Overstrand is Woensdag 17 November by die ouditorium in Hermanus ingehuldig.

By hierdie glansgeleentheid is Lindile Ntsabo as onderburgemeester verkies en Grant Cohen as speaker. Dié geleentheidis ook deur die speaker van die Wes-Kaapse provinsiale regering, Masizole Mnqasela, die minister van openbare werke, Daylin Mitchell en die minister van menslike nedersettings Tertuis Simmers bygewoon. Verder was die munisipale bestuurder Dean O’Neill, Graham Paulse en die nuutverkose burgemeester, dr. Annalie Rabie ook teenwoordig.

Rabie het tydens haar intreerede gesê: “Dit is ‘n nederige ervaring om vandag hier as burgemeester van die Overstrand te staan. Dis ‘n wonderlike lewensreis wat baie maande gelede begin het toe ek in Caterburystraat 40 gebore is. Hoe trots sou my ouers vandag gewees het en daarom dra ek hierdie geleentheid op aan hulle.

Rabie het ook haar plan van aksie met die res gedeel.

Sy wil graag ‘n besigheidsoorsig saamstel oor die infrastruktuur, beplanning- en omgewingsdienste;

Sy wil ‘n omgewingsadvieskomitee daarstel en ‘n konferensie skeduleer vir April 2022;

Sy wil kliëntetevredenheid eerste stel;  

Die bekendstelling van die eCollaborator-stelsel waar kliënte klagtes op ‘n elektroniese platform kan registreer;

Die opgradering van taxistaanplekke en die sloping of restourasie van alle verlate geboue’

Die aanstelling van LEAP-beamptes;

Die hersiening van die EPWP-besigheidsplanne;

Die hersiening van die feesprogramme soos die opheffing van onnodige beperkings op lokale; 

Die hersien van grond, waarvoor dit geoormerk is en watter grond deur die raad en ander regeringsinstansies besit word; 

Die instandhoudingsplan van openbare ruimtes;

Die hersiening van alle kontrakte wat tans aktief in die Overstrand is;

Die bestuur van informele nedersettings en kleinboere in informele gebiede. 

“Saam met my is ‘n raad wat uit ‘n verskeidenheid lede bestaan en ons wil graag hê die Overstrand moet ‘n plek vir almal wees. Ons sal daarna streef om die beste te wees om dit te bereik aangesien ons dinge gedoen sal kry,” het sy afgesluit.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 62/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.89
+0.3%
Rand - Pond
21.08
+0.5%
Rand - Euro
17.97
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.22
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Goud
1,772.80
+0.3%
Silwer
22.36
-0.1%
Palladium
1,855.00
+4.0%
Platinum
946.50
+0.6%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,509
-0.1%
Alle aandele
70,999
-0.0%
Hulpbronne 10
67,121
-0.7%
Industriële 25
93,748
+0.1%
Finansiële 15
13,983
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos