.

Durf die koue aan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
De Wet du Toit.
De Wet du Toit.

Die koue seewater is nie vir almal nie, maar De Wet du Toit, ‘n omgewingsaktivis durf die koue water aan om ‘n punt te bewys. Hy gaan die 8km na Dyer-eiland aandurf.

Volgens De Wet gaan hy hierdie uitdaging in die volgende week of twee sonder ‘n duikpak en ander hulp aandurf.

“Daar is ‘n rede waarom niemand nog dié uitdaging aangedurf het nie aangesien die gebied bekend staan as ‘n gewilde plek waar die grootwithaai voorkom. Onder normale omstandighede kom die haaie veral rondom Dyer-eiland en Shark Alley voor aangesien daar baie robbe is wat vir hulle ‘n heerlike smulhappie is. Ons gaan dié uitdaging ook in ‘n rekordtyd probeer klaarmaak,” het De Wet gesê.

“Die getalle van die grootwithaai is drasties besig om af te neem en deur hierdie uitdaging hoop ons om bewustheid rakende dié probleem te skep. Dit gaan nie ‘n maklike uitdaging wees nie en veral nie sonder probleme nie.”

De Wet glo dat dit nou die regte tyd is om veranderinge in die marinebestuur aan te bring, “veral as dit kom om spesies te beskerm.” Volgens hom speel die grootwithaai ‘n belangrike rol om die ekostelsel te balanseer en is dié haai deel van Suid-Afrika soos die koning van die natuur, die leeu.

De Wet het pas van die suide van Amerika teruggekeer waar hy vir drie jaar as omgewingsaktivis gewerk het. Tydens sy tydperk daar het hy as beampte op vier verskillende Sea Shephard-skepe gewerk waar hulle hul toegewy het om die Meksikaanse kartelstropers te probeer vasstrek om sodoende die bedreigde seediere te beskerm.

“Ek het ook tydens daardie tyd aan bewusmakingsveldtogte gewerk om mense meer oor die omgewing te leer. Ek het byvoorbeeld vir meer as 30 dae alleen in die Meksikaanse woestyn oorleef waar ek vir myself moes sorg. Verder het hy ook ‘n solo-rit oor die see van Cortez aangedurf. Dit was nie altyd maklik nie. Nie net het die natuurelemente ‘n rol gespeel nie, maar ek het ook met moordwalvisse en haaie te doen gehad. Verder is ek besig om ‘n fliek te maak om mense meer bewus te maak oor die haaie en dié se getalle wat besig is om in Suid-Afrika af te neem,” sluit hy af. 

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.28
-2.0%
Rand - Pond
21.73
-2.2%
Rand - Euro
18.43
-3.0%
Rand - Aus dollar
11.58
-1.0%
Rand - Jen
0.14
-4.0%
Goud
1,792.60
+0.2%
Silwer
23.13
-2.0%
Palladium
1,751.50
-6.3%
Platinum
955.50
-4.5%
Brent-ruolie
82.22
-0.0%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos