.

Goeie nuus vir toerisme

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Goeie nuus wag op die Overberg!

Onlangs het die Britse premier, Boris Johnson, die lande op die Britse rooilys verminder, en dit sluit Suid-Afrika in.

Dit beteken ten volle ingeënte toeriste uit lande soos Suid-Afrika hoef van later in Oktober nie meer vir 10 dae in ’n hotel, wat deur die regering aange-wys is, in kwarantyn te bly wanneer hulle in Engeland land nie.

Dit beteken ook dat inwoners van die Verenigde Koninkryk nou na Suid-Afrika kan reis.

Volgens Frieda Lloyd, toerisme­bestuurder van Whale Coast-toerisme, sien die Overstrand daarna uit om Britse besoekers te verwelkom.

“Die opening van hierdie belangrike mark sal help met die broodnodige ekonomiese herstel en kan nie op ’n beter tyd gekom het nie, want ons is reeds besig om vir die somer en piekseisoen voor te berei,” sê Lloyd.

Clinton Lerm van die Whale Coast Business and Community Forum (WCBCF) sê dit is ’n welkome verligting dat Suid-Afrika van die rooilys af is. “Alle ondernemings sal nou sien dat ons nie meer op die rooilys is nie. Ons het reeds ’n toename in aanvraag en versoeke van die Britse inwoners begin sien,” sê Lerm.

Hy sê nog ’n groot trekpleister vir van die besoekers van die Verenigde Koninkryk is dat hulle vakansiehuise in Hermanus en ander dorpe in die Overberg het.

“Dié soort toeriste staan ook as swaeltjies bekend omdat hulle gereeld na Suid-Afrika terugkeer. Hierdie ‘swaeltjies’ brand om by hul vakansiehuise uit te kom, want hulle kon dit nog nie doen sedert die inperking in 2020 begin het nie.”

Lerm hoop SA bly op ’n vlak 1- of 2-inperking tot einde Februarie, want Januarie en Februarie is groot reismaande vir Britse burgers.Dorp spog met topverblyf

Die ander groot trekpleister is die feit dat twee hotelle in Hermanus onlangs op die lys van Condé Nast Traveler Readers’ Choice se tophotelle in Suider-Afrika gelys is. Die Marine-hotel het ’n gesogte vierde plek behaal en Birkenhead House het die agtste plek ingeneem.

Die Reader’s Choice Awards is ’n belangrike erkenning van uitnemendheid in die reisbedryf en meer as 800 000 lesers van Conde Nast Traveler van oor die wêreld heen het gestem. Die uitslag beklemtoon die topgehalteverblyf wat in Hermanus en die Overberg beskikbaar is.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.26
+0.5%
Silwer
24.45
+0.5%
Palladium
2,053.50
+1.3%
Platinum
1,044.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos