.

Kaap Agulhas wys nuwe bestuur aan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kaap Agulhas Munisipaliteit se nuwe bestuur.
Kaap Agulhas Munisipaliteit se nuwe bestuur.

Anders as Theewaterskloof se eerste raadsvergadering, het die Kaap Agulhas-munisipaliteit (KAM) se eerste raadsvergadering sonder enige voorvalle verloop.

Paul Swart van die Demokratiese Alliansie is weer eens tot die amp van uitvoerende burgemeester van die Kaap Agulhas-munisipaliteit aangewys, met Raymond Ross van die DA as onderburgemeester en Derick Burger van die Vryheidsfront Plus as speaker van die raad.

Raymond Mokotwana van die ANC en Johan Nieuwoudt van die DA is met vyf stemme elk verkies om KAM op die Overberg-distriksmunisipaliteit se raad te verteenwoordig.  Doelwitte

In sy inhuldigingstoespraak het Swart die gemeenskappe van die streek bedank vir die vertroue wat hulle in hom en die onderskeie raadslede gestel het deur vir hulle te stem.

“Ek voel uiters geëerd en nederig oor die seën om vir die tweede termyn as Kaap Agulhas-munisipaliteit se burgemeester verkies te word. Hy het bygevoeg: “Ons het die mense gevra om hul vertroue in ons te stel om besluite te neem wat ’n impak op hul lewe sal hê.

“Dis ’n uitstaande voorreg om verkies te word, maar ons reaksie moenie trots wees nie, maar eerder nederigheid in die aangesig van hul vertroue.”

Swart het ook ’n beroep op inwoners van die Kaap Agulhas-streek gedoen om nouer betrokke te raak en hande te vat met raadslede deur onder meer aan IDP-prosesse en wyksvergaderings deel te neem.

Volgens Swart sal sy tweede termyn as burgemeester hom die geleentheid gee om in samewerking met die raadslede toe te sien dat projekte wat in sy vorige termyn in werking gestel is, afgehandel word.

Dit sluit onder meer in die “Deferred Housing Policy” waardeur mense die geleentheid gegee word om huise te huur met die opsie om dit in ’n latere stadium te koop.

Ander projekte sluit in die uitbreiding van die informele nedersetting in Napier met 50 erwe, die ontwikkeling van die Lebombo-kamp vir opkomende entrepreneurs en ander bemagtigingsprojekte.

Swart het ook gesweer om die eed wat hy tydens die inswering afgelê het, na te kom en hand aan hand met raadslede en die plaaslike gemeenskappe te werk om ontwikkeling teweeg te bring. Hy het ook die versekering gegee dat “korrupsie van enige aard” nie geduld sal word nie.

Hoog op sy lys van dinge om in sy eerste 100 dae van sy vyf-jaar-ampstermyn aan te pak, is die herstel van slaggate, losloperdiere in informele gebiede, die opstel van ’n inbelsentrum om die munisipaliteit te help met die invordering van uitstaande skuld, die herinstel van spoedkameras, stormwaterprobleme in Struisbaai en die pad na Suiderstrand, en die bemagtiging van plaaslike sakemanne en kontrakteurs sodat hulle by ontwikkelingsprojekte in die KAM-gebied kan baatvind.

Hy het afgesluit met die woorde: “Let’s work together for excellence. Not all of us can do great things, but we can do small things with love.

“Dit is die era om dinge in Kaap Agulhas gedoen te kry.”

Oorsig:  

Eben Phillips, die KAM- munisipale bestuurder, het die raadslede na afloop van die eerste raadsvergadering vir hul professionele gedrag geloof en bedank. Die volgende mense dien as raadslede: Wyksraadslede: Wyk 1: Raadslid Raymond Ross (DA) Wyk 2: Raadsheer Dirk Jantjies (Diensleweringsparty) Wyk 3: Raadslid Renier Louw (ANC) Wyk 4: Raadsheer Johan Nieuwoudt (DA) Wyk 5: Raadslid Gerhard Olwage (DA) Wyk 6: Raadslid Janine August-Marthinus (ANC) PR raadslede: Raadslid Derick Burger (VF+) Raadslid Marthelene Matthysen (Diensleweringsparty) Raadslid Raymond Mokotwana (ANC) Raadslid Paul Swart (DA) Raadslid Karin Donald (DA).

Die Municipal Public Accounts Committee (MPAC) is kort voordat die vergadering verdaag het, aangewys. Die hoofdoel van dié organisasie, het Phillips verduidelik, is om oorsig uit te oefen en te verseker dat die raad goed bestuur word. Raadsheer Dirk Jantjies van die Diensleweringsparty sal as voorsitter van die komitee dien.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 95/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.90
+0.2%
Rand - Pond
21.12
+0.3%
Rand - Euro
17.96
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.22
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Goud
1,768.40
+0.0%
Silwer
22.27
-0.5%
Palladium
1,839.50
+3.1%
Platinum
949.50
+1.0%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,614
+0.1%
Alle aandele
71,101
+0.1%
Hulpbronne 10
67,228
-0.5%
Industriële 25
93,915
+0.3%
Finansiële 15
13,994
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos