.

Misdaad goed hokgeslaan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Wetstoepassingsbeamptes het verlede week op groot hoeveelhede perlemoen en dwelms beslag gelê.
Wetstoepassingsbeamptes het verlede week op groot hoeveelhede perlemoen en dwelms beslag gelê.

Overstrand-wetstoepassingsbeamptes het verlede week tydens verskeie misdaadvoorkomingsoptredes suksesse behaal en verdagtes vir onder meer die besit van groot hoeveelhede perlemoen en dwelms in hegtenis geneem.

’n Man is weens die besit van gesteelde goedere wat die vorige aand tydens ’n inbraak in Gansbaai gebuit is, in ’n gesamentlike optrede deur die wetstoepassingsafdeling se honde-eenheid en taakspan tesame met die Gansbaai-buurtwag aangekeer. Wetstoepassers het ook naby Houwhoek-plaasstal beslag gelê op twee i-phones en ’n Nikon-kamera, wat vermoedelik gesteel is.

Die taakspan en beamptes van die honde-eenheid het ook tydens ’n misdaadvoorkomingsoptrede ’n man van Hermanus in hegtenis geneem vir die onwettige besit van perlemoen nadat hulle 4 747 eenhede in sy voertuig gevind het.

’n Woordvoerder van die Overstrand-munisipaliteit sê die parate wetstoepassers het in nog twee ander voorvalle op duisende eenhede perlemoen beslag gelê. In die eerste voorval (Dinsdag 5 Oktober) het die honde-eenheid ’n verdagte voertuig op die N2 agternagesit.

“Die bestuurder het van die toneel af gevlug. Die beamptes het beslag gelê op die voertuig en vyf sakke vol perlemoen wat daarin was,” het die woordvoerder berig.

Die honde-eenheid en taakspan het Donderdag (7 Oktober) tydens roetinepatrollies naby Gansbaai twee mans in hegtenis geneem nadat 17 324 eenhede perlemoen in hul besit gevind is.

Die wetstoepassers het vermeende dwelmhandelaars in die Hangklip-Kleinmond-omgewing ook laat les opsê.

Hulle het tydens patrollies verlede naweek op die R44 in Pringlebaai in twee aparte voorvalle beslag gelê op metamfetamien (tik), kokaïen, Mandrax-tablette en unga en twee verdagtes, onderskeidelik van Manenberg en Mitchells Plain, in hegtenis geneem weens die besit van dwelms.

’n Vrou (41) is in ’n aparte voorval in hegtenis geneem weens die besit van dwelms nadat Mandrax-tablette en tik in haar besit gevind is.

Die polisie het ook Maandag 4 Oktober tydens ’n padblokkade op die N2 buite Grabouw (in samewerking met CapeNature) op 2 kg saamgeperste dagga beslag gelê.

Die wetstoepassingsbeamptes het Donderdag 7 Oktober nog ’n slag geslaan toe hulle ’n verdagte weens die besit van die dwelm “khat” in hegtenis geneem het.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,799.52
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,055.00
+1.6%
Platinum
1,042.50
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos