.

Moenie langer wag om ingeënt te word nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Tot op datum is altesaam 145 556 mense in die Overberg teen Covid-19 ingeënt, dit sluit gesondheidswerkers, spesiale groepe en mense ouer as 18 in.
Tot op datum is altesaam 145 556 mense in die Overberg teen Covid-19 ingeënt, dit sluit gesondheidswerkers, spesiale groepe en mense ouer as 18 in.

Gesondheidswerkers is hard aan die werk om seker te maak dat soveel as moontlik mense voor Kersfees ten volle teen die coronavirus ingeënt is.

Reisende spanne het die afgelope week verskeie plase, winkels en ander ondernemings besoek om werkers teen Covid-19 in te ent.

Roché Butler, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Overberg, berig dat dié spanne ook die Sentraal-Suid Koöperasie (SSK) se hoofkantoor in Swellendam sowel as die Werk met Vuur-spanne besoek het om diegene wat nie inentingslokale kan besoek nie, in te ent.

“Die departement moedig mense aan om so gou moontlik te gaan vir die eerste inenting sodat hulle voor Kersfees die tweede inenting kan ontvang en sodoende dan ten volle ingeënt sal wees. As jy teen Kersfees ten volle ingeënt wil wees, moet jy teen 20 Oktober jou eerste inenting ontvang,” sê Butler.

Omdat tyd kosbaar is, sê Butler, bied talle lokale waar inentings gedoen word vinnige en doeltreffende diens.

“By die meeste lokale sal jy binne 30 minute, nadat jy aangemeld het, ingeënt wees en huis toe kan gaan, dit sluit die wagtyd van 15 minute ná inenting in. Inenting is heeltemal gratis,” het sy verseker.

Mense hoef ook nie meer vooraf vir die inenting te registreer nie. Inentings word ook by sekere plekke oor naweke gedoen. Besoek die webwerf www.westerncape.gov.za of skakel 086 0142 142 om meer uit te vind.

Tot op datum is altesaam 145 556 mense in die Overberg teen Covid-19 ingeënt, dit sluit gesondheidswerkers, spesiale groepe en mense ouer as 18 in.

“Die Overberg-distrik doen goed met die uitrol van die inentingsprogram en ons is bly om te sien dat gemeenskappe geneë is om teen Covid-19 ingeënt te word.”

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.40
+0.5%
Silwer
24.41
+0.3%
Palladium
2,063.50
+2.0%
Platinum
1,043.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.3%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos