.

Onrus een van die bestes

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die vriendelike personeel by Onrus-woonwapark is agter, Floors Moses, Patrick Mrubata, Brian Olivier, Gracian Boto, Malloy Swartz en Gloria Dalasile. Voor is Selvin Hans, Sharon Tito, Dané Laing en Deon Cupido.
Die vriendelike personeel by Onrus-woonwapark is agter, Floors Moses, Patrick Mrubata, Brian Olivier, Gracian Boto, Malloy Swartz en Gloria Dalasile. Voor is Selvin Hans, Sharon Tito, Dané Laing en Deon Cupido.

Die Desembervakansie is om die draai en mense begin nou al planne maak om na hul gunsteling-bestemming te gaan.

Onrus-woonwapark by Hermanus is onlangs as die tweede beste kampeerterrein aangewys. Tydens dié leserskompetisie, wat deur Die Burger van stapel gestuur is, moes lesers hul gunsteling-kampeerplekke in 95 verskillende kategorieë aanwys. Hartenbos se ATKV-woonwapark is as die wenner in die kampeer-kategorie aangewys, met Onrus in die tweede plek en Yzerfontein-woonwapark in die derde plek.

Die span van Onrus-woonwapark wil graag al die gereelde kampeerders bedank wat vir hulle gestem het. “Ons voel geëerd om deel van die kompetisie te wees,” het hulle gesê. “Ons wil ook al die ander woonwaparke en kampterreine gelukwens met hul prestasies.

Die Onrus-woonwapark is ‘n unieke woonwapark wat teen die see is. Dis net die Cliff Path wat die woonwapark van die see skei.

Die staanplekke het gras, is gelyk en word omring deur melkhoutbome wat kampeerders teen die wind beskerm. Elke staanplek spog ook met braaigeriewe en die meeste het ook elektrisiteit. Die ablusiegeriewe is skoon, het altyd warm water en spog met spesiale toegang vir liggaamlike gestremde persone.

Die Davies-getypoel is langs die kampeerplek en ‘n mens kan rustig in die poel ontspan terwyl branders om jou breek. Die Onrus-strand en -strandmeer is slegs 10 minute se stap van die kampterrein. Om ‘n bespreking te maak, kontak 028 316 1210/028 316 1704/028 316 5618 of stuur ‘n e-pos na restoronrus@overstrand.gov.za

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 116/5
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 345/9
West Indies 253/10 & 82/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.01
-0.5%
Rand - Pond
21.25
-0.3%
Rand - Euro
18.07
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.31
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,771.34
+0.2%
Silwer
22.38
-0.0%
Palladium
1,797.00
+0.7%
Platinum
947.00
+0.7%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
65,063
+0.8%
Alle aandele
71,525
+0.7%
Hulpbronne 10
68,400
+1.3%
Industriële 25
93,796
+0.1%
Finansiële 15
14,094
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos