.
Deel

Rugbyspeler van Botrivier wat doodgeskiet is, was geliefd

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die toneel waar hulle die lyk van die geliefde rugbyspeler van Botrivier gekry het.
Die toneel waar hulle die lyk van die geliefde rugbyspeler van Botrivier gekry het.

Marlin Gertze het Saterdag vir Botla Fire se tweede en derde spanne op hul tuisveld teen Villagers uitgedraf. Ure later is hierdie jongman drie keer koelbloedig geskiet terwyl hy en van sy spanmaats by ’n smokkelhuis wou drank koop.

Die 25-jarige Gertze het volgens berigte daarin geslaag om te vlug en skuiling te soek, maar is in onbekende mense se erf, waar hy inmekaargesak het, dood. Sy lewelose liggaam is glo die volgende oggend ontdek. Melvin Davids, voorsitter van Botrivier-rugbyklub, sê Gertze se dood het sy spanmaats baie hard getref. “Hulle was ’n baie hegte groep en dis waarom hulle die aand ná die wedstryd teen Villagers van Worcester nog saamgekuier het. Almal het Sondagoggend by die plek byeengekom waar hy gevind is. Die manne was baie emosioneel, maar ons kon daarin slaag om hulle te kalmeer,” het hy bygevoeg.

Davids het Gertze beskryf as ’n goeie utility-speler wat nie net as slot nie, maar ook as flank of senter uitgedraf het.“Hy was ’n kranige en lojale speler wat elke oefensessie daar was en nog nie een wedstryd gemis het nie,” het Davids gesê. Die rugbyklub hou Woensdag 15 Maart omstreeks 19:00 ’n spesiale herdenkingsdiens vir Gertze by die Botrivier-rugbyklub se klubhuis.Kapt.

Fadila September, ’n woordvoerder van die polisie in die Overberg-distrik, het bevestig beamptes van die Caledon-polisie het Sondagoggend omstreeks 00:45 op ’n klagte oor ’n skietery en bakleiery in Fynbosstraat, Botrivier, gereageer.“Die motief vir die skietery is nog onbekend. Dit is ook nie bekend hoeveel skieters betrokke was nie.“Die moordondersoek duur voort. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het September gesê. 

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
19.28
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.76
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,029.47
+2.4%
Palladium
1,408.13
-1.9%
Goud
1,961.28
+0.7%
Silwer
23.57
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos